Buite-ekspo vol hoogtepunte skop vandag af
Middel Februarie in die Swartland het die laaste klomp jare sinoniem geword met die jaarlikse buitelugsaamtrek op Môreson, die kykNET Buite-ekspo.
En vanjaar is geen uitsondering nie. Dié buitelug-kuier skop vandag af en om die kroon te span in 2020, vier die ekspo sy tiende verjaarsdag net hier in die Swartland.
Naas die immergewilde afdelings wat jaarliks duisende besoekers na die terrein lok, het die organiseerders ook vanjaar, soos elke jaar, ‘n klompie nuwe komponente bygevoeg om elkeen ‘n hoogtepunt in eie reg te vorm.
Organiseerder Marius Opperman vertel aan dié courant hulle word toegegooi onder navrae oor die ekspo en veral hoeveel die toegangsgeld is.
Hier is die pryse:
Daar is NAWEEKtoegang vir die drie dae – Vrydag, Saterdag en Sondag – teen R140 per volwassene en R45 vir kinders van 4 tot 18 jaar.
Toegang vir vandag alleen (12:00 tot 21:00) beloop R45 vir volwassenes en R25 vir pensioentrekkers en kinders tussen 4 en 18 jaar.
Toegang vir môre (Saterdag) alleen (09:00 tot 21:00) beloop R85 vir volwassenes en R45 vir pensioentrekkers en R35 vir kinders tussen 4 en 18 jaar.
Toegang vir Sondag alleen (09:00 tot 15:00) beloop R45 vir volwassenes en R25 vir pensioentrekkers en kinders tussen 4 en 18 jaar.
‘n Klompie van die hoogtepunte waarna ekspogangers vanjaar kan uitsien is:
• Ry GRATIS saam met André de Villiers, bekende aanbieder van Safari 4×4-roetes, in ‘n VW Amarok op sy hindernisbaan
• Daar is ‘n splinternuwe Swartland Wyntuin
• vir uitstallers is daar vanaand ‘n TJ’s Lekka Braai Hamburger-ete
• Vanaand tree MELO3, Desmond Wells en Joe F op (moontlik gemaak deur Hankook)
• Daar is helikopterritte van Mossel Bay Helicopters môre en Sondag
• Ook Jimny Suzuki 4×4-demonstrasieritte môre en Sondag
• Vierwiel(quad)- en motorfietsvertonings deur die Western Cape Offroad Club môre
‘n Spesiale Celeb-VerjaarsdagJol aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces môre om 11:30
• die Ekspo word weer môre om 13:00 deur die Wes-Kaap se minister van Landbou, dr. Ivan Meyer geopen. Die hoof van kykNET-kanale, Karen Meiring, sal ook daar wees.
• ‘n opwindende nuwe toevoeging vanjaar is die spasiale vertoning deur die Silwer Valke môremiddag om 13:15
• môre vanaf 13:45 tot laat sal Pieter Smith, Sam en Calla, MELO3, Amoré, Wynand Windpomp, Megan Danner, Cheree, Wicus van der Merwe en Joe F dinge laat gebeur op die Hankook-verhoog in die kykNET-arena.
• Die Funland-pretpark vir kinders wat verskeie ritte asook paintball insluit, is jaarliks ‘n groot trekpleister
• Daar is vanjaar ook begeleide vierwiel(quad)-ritte vir kinders
• Besoekers kan ook uitsien na kameelritte
• Naas die groot aantal buitelewe-uitstallers is daar ook weer die gewilde snuffel-, kuns- en kosmark
• Natuurlik is daar ‘n groot verskeidenheid heerlike kos-stalletjies en -waentjies en die Castle Lite-kroeg vir die dors
• Sondagoggend is Lollos en Lettie weer op die Hankook-verhoog gevolg met optredes deur Cheree (sing Country) en Nadia Louw.