Latest

Marita vd Vyver kuier eersdaags in die Swartland

Die bekende en bekroonde skrywer Marita van der Vyver besoek eerdaags die Weskus waar sy “Oor minder as 2 weke kuier by ‘n spul skole aan die Weskus en in die Swartland.”
Sy sê sy gaan ook kuier by “Paternoster se biblioteek vir die grootmense – om leerders te laat rympies skryf vir ‘n bundel wat Lapa later vanjaar uitgee. Jy sê, ek sê, ons sê is die titel.

“Onthou dit solank want dis ‘n baie opwindende ding wat aan die gebeur is.”
Ter viering van haar Weskus/Swartland-besoek van 2 tot 5 Maart bied Lapa Uitgewers twee van haar nuutste boeke aan teen ‘n afslagprys.
Retoer (vir volwasse lesers) sal teen R150 verkoop word teenoor die gewone prys van R255 en Al Wat Ek Weet (vir tieners) sal R90 kos teenoor die gewone prys van R185.
Marita praat op op 5 Maart om 12:00 by die Hoërskool Swartland. Sy sal ná haar praatjie beskikbaar wees om die boeke te teken.
Ten einde teleurstelling te vermy, kan u u boek vooraf bestel by Adré Husselmann (083 639 9841).

Leave a Reply

error: Content is protected !!