News

Minister verhoog minimum loon vanaf 1 Maart

Goeie nuus vir werkers in verskeie sektore is dat die nasionale minimumloon vanaf 1 Maart 2020 vir talle met 3,8% verhoog word.
Die aankondiging deur Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, en proklamasie in die staatskoerant sluit die minimumloon vir plaaswerkers in wat tot R18,68 per uur styg.
Ook die minimumloon vir huiswerkers word van R15 tot R15,57 per uur verhoog.

Die algemene minimumloon vir werkers wat nie deur een van die loonbedrae in die voorgeskrewe sektore bepaal word nie, sal voortaan R20,76 per uur wees.
Kontrakskoonmaakpersoneel sal, na gelang van die streek waar hulle is, ‘n minimum van tussen R20.83 en R23.04 per uur moet verdien.
Die minimumloon vir werkers in die uitgebreide openbare werke-program van die regering sal R11,42 per uur wees.

Leave a Reply

error: Content is protected !!