Malmesbury Tennis A-spanne wen op tuisbodem

Die Malmesbury Tennisklub (MTK) se A-spanne het hul gister goed van hul taak gekwyt en albei hul kragmetings op tuisbodem gewen.
Die MTK se mans het teen Durbanville te staan gekom met vier wedstryde teenoor twee geseëvier.

Die eerste vrouespan van Malmesbury het eweneens as oorwinnaars uit die stryd getree toe hulle die besoekers van Brackenfell met drie kragmetings teenoor twee geklop het.
Die reënweer het vroeër tot ‘n onbesliste uitslag gelei in die kragmeting tussen Malmesbury Mans B en hul opponente van Strand.
Die Swartlanders se Mans B-span het met 4-2 die knie gebuig voor Brackenfell.
Malmesbury se Vroue B-span het op hul beurt met drie wedstryde teenoor een met Strand afgereken.

Leave a Reply

error: Content is protected !!