Engelbrecht oes louere met sielswerk- ‘Far and Away’
Op die maandelikse fotokompetisie van die Swartland Fotografieklub is ‘n werk van Rina Engelbrecht, Far and Away, as die algehele wenfoto aangewys.
Engelbrecht vertel aan dié courant dat sy die foto op Brandfontein by Struisbaai geneem het, “waar stukkies van my siel gestrooi lê van duin na duin langs die turkoois see en strand”.
Dié foto was ook die wenner in die junior afdeling.
Die senior wenner was ‘n foto van Herman Olivier, Still Bay Tidal Pool.
Olivier het ook in die tema-afdeling Abstrak/Veranderde Werklikheid die hoogste punt behaal met sy werk Mesmerized.
In die afdeling vir gedrukte foto’s het Belinda Ruhl gewen met haar inskrywing Reflection of Winter.
Die Swartland Fotografieklub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die Keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord op Malmesbury.
Die Tema vir April is Eenvoud/Minimalisties.
Belangstellendes kan die voorsitter, Adriaan Vlok, kontak by 083 707 8565.