Moenie als oor Corona glo nie – Só lyk WGO se raad
Johan Viljoen
Daar is ‘n ou spreekwoord wat lui (losweg vertaal): ‘In ‘n oorlog is waarheid altyd die eerste ongeval.’
Daardie spreekwoord was waarskynlik nog nooit so van toepassing soos in die oorlog teen Corona nie.
Die toegang tot internet en sosiale media is die perfekte medium vir massachaos soos ons onder andere sien in die aankoop van toiletpapier.
Dit is bitter moeilik om die direkte verband te kry met Corona, maar waarskynlik is fopnuus dat die vervaardiging van toiletpaier in China gestaak sal word, een van die vonke in die toiletpapier-kruitvat wat nou wêreldwyd gesien word. Voeg daarby dat mense maklik paniekerig raak as hulle sien ander koop groot hoeveelhede en dan sien jy die kettingreaksie.
Moenie alles wat op sosiale media versprei word, glo as jy nie die bron kan verifieer nie.
Corona is ernstig, soos wêreldwyd geasien kan word. Ook die verlammende effek op die samelewing is enorm en weet niemand regtig hoe erg dit nogons land ons provinsie, streek en Swartlandse dorpe gaan tref nie.
Daar is egter goeie praktyke om na te streef en sommer opnuut aan te leer vir algemene higiëne.
Elke mens kan daarop let. Elke mens kan ook bydra deur die maatreëls wat ingestel is te volg en elke mens moet ook poog om hul immuniteitstelsel so gesond moontlik te hou.
Hier is ‘n klompie wenke en inligtingstukke van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO).