Rooivleisbedryf kan Corona help bekamp – RPO

Rooivleisprodusente kan ‘n wesenlike rol speel om die verspreiding van die virus te bekamp. Ons het ‘n verantwoordelikheid om die aangeleentheid met die nodige erns te hanteer.
Só sê Koos van der Ryst, voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).


“Die RPO ondersteun die regering se verklaring van ‘n nasionale ramp en die voorsorgmaatreëls wat getref is en sal sy bydrae lewer om die uitbreking van die siekte te beperk.
“Die RPO is van mening dat byeenkomste nie gehou moet word indien dit teenstrydig is met die reëls om die siekte te isoleer of te beperk nie.”
Daarom het die RPO besluit om geen vergaderings te belê tot 15 Mei vanjaar nie en dat elektroniese vergaderings geskeduleer sal word indien nodig.


Die aangeleentheid sal ná die Paasnaweek heroorweeg word.
Van der Ryst sê: “Die minister van landbou het ‘n tegniese komitee, waarvan die RPO deel is, saamgestel om in dié tyd ‘n adviserende rol te speel.”
“In hierdie stadium is daar nie ‘n negatiewe impak op die rooivleisbedryf plaaslik nie en uitvoere gaan ook normaal voort,” het Van der Ryst bygevoeg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!