Wenners van Yzerfontein Toerisme se toekennings

Op die jaarlikse toekenningsaand van Yzerfontein Toerisme is diegene wat ‘n besondere bydrae tot die gemeenskap van dié gewilde Swartlandse kusdorp lewer, vir hul diens vereer.

Die kategoriewenners was:

Henk Bruwer, voorsitter Yzerfontein Toerisme


• Die werknemer wat ‘n besondere diens lewer: Estelle Kleinhans van Swartland Munisipaliteit
• Die inwoner wat vrywillig diens lewer sonder vergoeding: Koos Liebenberg van die Buurtwag
• Die inwoner of besigheid wat ‘n verskil maak in die dorp: I Love Yzer
• Vanjaar se voorsitterstoekenning is gemaak aan YzerBru “vir die onbaatsugtige bydra om Yzerfontein besonders te maak”.

Die toekenning vir die werknemer van Yzerfontein wat ‘n besondere diens lewer, is deur Estelle Kleinhans van Swartland Munisipaliteit ontvang. Van links is Lin Coetzee (toerismebeampte van Yzerfontein Toerisme) saam met Kleinhans (1ste), Carly Damon van Yzerfontein Spar (3de), Henk Bruwer (voorsitter) en Marizanne Abrahams van die Shell Garage (2de).
Koos Liebenberg van die Buurtwag het die toekenning ontvang vir die inwoner van Yzerfontein wat vrywillig diens lewer sonder vergoeding. Op die foto is Lin Coetzee (toerismebeampte) saam met Liebenberg, Antoinette Terblanche, die ondervoorsitter van Yzerfontein Toerisme (2de) , Rupert Joone van Yzerfontein Toerisme (3de) en voorsitter Henk Bruwer.
In die kategorie vir die inwoner of besigheid wat ‘n verskil maak in die dorp het I Love Yzer die toekenning ontvang. Van links is Nadine le Roux (I Love Yzer), Willem Lubbe van NSRI (wat as instansie tweede was), Mariaan Heyns (I Love Yzer), Stefan Nieuwoudt van die NSRI en Buurtwag (wat as instansie derde was), Derick Nel (Buurtwag), Suzette van Schoor (Buurtwag), Koos Liebenberg (Buurtwag), Dawie Scholtz (Buurtwag) en toerismevoorsitter, Henk Bruwer.
Die voorsitterstoekenning is vanjaar deur Yzer Bru ontvang .Op die foto is Lin Coetzee (toerismebeampte) en toerismevooristter, Henk Bruwer (regs) saam met die Yzer Bru-span: Arno van der Merwe, Antoinette Nel, Derick Nel en René Viljoen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!