Wiele tol weer by Swartland se knortjorre
Ná maande van inperking het die wiele getol en die stof en modder weer Saterdag gespat toe die Swartland Oval Karting hul eerste wedrenne op die hul baan in Malmesbury kon aanbied.
Met 9 klasse en ‘n totaal van 59 inskrywings was daar volop aksie en in sommiger klasse moes die jaers behoorlik spook om neus eerste verby die geruite vlag te kry.
Al kon hul vir lank nie jaag nie, het die verskeie Swartlanders hul stemme dikgemaak teen die jaers van besoekende klubs.
Die organiseerders het met die aanvang van die byeenkoms ‘n beroep op almal gedoen om streng by die Vlak 1-inperkingsregulasies van Covid-19 te hou.
Daar is ook onlangs ‘n veiligheidsheining om die baan aangebring.
Die volgende byeenkoms is op 21 November. Die uitslae van Saterdag se wedrenne is:
160CC Beginnersklas
1ste Franco Clarence;
2de Kasey Leak.
160CC-klas
1ste Bian Henning;
2de Ethan Coetzee;
3de Andrew Faure.
200CC-klas
1ste Daniel Fourie;
2de Jordon Scott;
3de Jane Esterhuizen.
270CC-klas
1ste Liam Swart;
2de DW Bester;
3de Tjaard van Jaarsveld .
300CC-klas
1ste J van der Merwe;
2de Edwin Swart;
3de JD Zogby.
390CC-klas (vroue)
1ste Christelle Cronje;
2de Maryka Neethling;
3de Anke Erasmus.
390CC-klas
1ste David Lambrick;
2de Gerhard Botha;
3de William Wheeler.
425CC-klas
1ste Herman Karstens;
2de Gabrie Gelderblom;
3de Stiaan Franke.
Ope-klas
1ste Jason Kriel;
2de Willie du Plessis;
3de Noel Conrad.