CommunityNewsSchools

Gemeenskap skenk bome vir skoolterrein

Swartland Toerisme in samewerking met Riebeek Valley Garden Centre het besluit om 24 inheemse bome op die speelgronde van Meiring Primêr op Riebeek-Kasteel aan te plant.

Die doel is om in die behoefte aan ekstra skaduwee tydens pouses te voorsien, die terrein te help verfraai en die jongspan van die belangrikheid van bome bewus te maak.

By die boomplanting vanoggend was skoolhoof Brenton Cupido, Ann Heyns (Swartland Toerisme: Riebeekvallei Toerismebeampte) Zeta-Jane de Bruin, Peter-John Hengson, Ethan Heynse en Marotze Swarts.

As deel van die projek kon kinders in die senior grade ook aan ‘n kunsprojek deelneem met bome as tema.
Tien leerders uit elke graad se kunswerke is uitgekies en hulle sal elkeen kunsmateriaal ontvang om nog kuns te skep waarvan sommige by Gallery 7 on Plein op uitstalling sal wees.

Hier besigtig skoolhoof Brenton Cupido, toerismebeampte Ann Heyns en Nelius Volschenk (van die Riebeekvallei toerisme-advieskomitee) van die kunswerke in die eerste ronde.

Een van die leerlinge het ook iets oor bome geskryf.
Hier is Jadelin Swem (graad 6) se woorde:
‘n Boom is baie belangrik vir die mens
As jy nie ‘n boom in jou jaard het nie
dan weet jy nie wat gaan aan in jou lewe nie
‘n Boom is baie spesiaal.

Leave a Reply

error: Content is protected !!