Wiele draai na Riebeek-motorskou
Oud en nuut vir oud en jonk.
Op Saterdag 9 September 2023 draai die wiele in die rigting van Riebeek-Kasteel wanneer die plaaslike Rotariërs die Riebeekvallei Motorskou aanbied.
‘n Verskeidenheid modelle wat oor baie dekades hul verskyning gemaak het – veteraanmotors, motorfiets en trekkers tot van die heel modernste vuurwaens. Dit is waarna besoekers kan uitsien by dié skou op die sportterrein van die Laerskool Riebeek-Kasteel.
By die talle stalletjies sal onder meer skaalmodelle, skaars ou motoronderdele en natuurlik volop kos en versnaperings en wynproegeleentheid beskikbaar wees asook musiekoptredes om tot dié feestelike plattelandse geleentheid by te dra.
Onder die pragtige voertuie wat op uitstalling sal wees, tel modelle van Ford, Porsche en Bentley, Buick, Pontiac, Cadillac en Oldsmobile. Beslis ‘n geleetheid wat motorentoesiaste nie kan misloop nie. Dit alles in een van die Swartland se juweelvalleie.
Die hekke open om 10:00 en sluit om 16:00.
Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R50 vir skoliere en kinders onder 6 jaar sal gratis toegang kry.
Die opbrengs van die geleentheid word aangewend in talle liefdadigheidsprojekte wat deur die Riebeekvallei Rotariërs aangepak word.
Kaartjies en meer besonderhede is beskikbaar by http://riebeekvalleymotorshow.co.za/