Agri/BusinessFEATURED

S Toerisme loods verfraaiingsprojek

Swartland Toerisme het onlangs ‘n projek om netjiese borde teen lamppale aan te bing, van stapel gestuur.

Besighede is die geleentheid gebied om hul handelsmerk te vertoon en in die eerste fase is 30 lamppale in Langstraat op Moorreesburg met borde getooi.
Die toerismebestuurder, Lizelle Carstens, sê die Swartland se “gevoel van gemeenskap” lê haar na aan die hart.

“Ons het die projek wat ’n samehorigheidsgevoel skep en terselftertyd die dorp verfraai, in Moorreesburg geloods . Met die ondersteuning van die Moorreesburg Sakekamer en die Swartland Munisipaliteit, is Langstraat getooi. Die dorp het drie ingangroetes en is nie alle besighede vir deurreisigers of inwoners sigbaar nie. Daarom is daar op Langstraat besluit.”

Die borde word stewig vasgemaak met paalklampe en hang vir 12 maande.
Volgens Carstens is daar sedert die hang van die eerste borde heelwat navrae van besighede wat ook wil deelneem.

“Ons hoop dat die ander Swartlandse dorpe ook sal inkoop om die projek daar uit te rol. Dit sal meebring dat besoekers na die Swartland, die goue draad deur elkeen van die dorpe sal sien. Trots Swartland,” sê sy.
Enige besigheid wat belangstel, kan ‘n e-pos rig aan marketing@swartlandtourism.co.za.

Leave a Reply

error: Content is protected !!