Sports

Gimnaste skitter; almal na SA’s

Twintig gimnaste van Malmesbury Gimnastiek het ‘n uitsonderlike prestasie behaal by die Wes-Kaap-kampioenskappe toe al 20 verteenwoordigers van die klub gekwalifiseer het om vir die provinsie by die nasionale kampioenskappe op 6 en 7 Oktober in Gauteng deel te neem.

Hoofafrigter Marno Crafford sê dié buitengewone prestasie is ‘n “bewys van die toewyding en harde werk wat deur hierdie jong gimnaste en hul afrigters gelewer word”.

“Die nasionale kampioenskappe in Gauteng is ‘n geleentheid vir hierdie talentvolle gimnaste om hul vaardighede te wys en die Wes-Kaap met trots te verteenwoordig. Ons wens hulle baie geluk en stuur die beste wense saam met hulle na hierdie belangrike kompetisie.”

Die groep gimnaste wat almal vir die nasionale kampioenskappe gekwalifiseer het:
Agter: Kaylin Vaughan, Antwan Dicks, Antoinette Kriek, Sunelle De Bruyn, Gretchen Fortuin, Lize-Mari van Aarde en Milisa Nombewu.
Middel: Elrina Walters, Sonjé Mari Bestbier, Hadleigh Odendaal, Aman Ndaba, Eldi Rust, Annie Willers en Lilly Willers.
Voor: Erica van der Merwe, April Williams, Nadine Woolls, Mali Van Wyk, Lijané Van Wyk en Chloé Daniels.

Leave a Reply

error: Content is protected !!