LatestNews

Verbypad volgens skedule in Nov ’25 voltooi

Bouwerk aan die R640 milj-verbypad om Malmesbury om die N7/R46-aansluiting na Hopefield met die R46/R45-aansluiting na Riebeek-Kasteel te verbind, vorder volgens die Wes-Kaap se departement van infrastruktuur goed.

Die nuwe wisselaar word hier gebou.

Al vyf die brugstrukture is reeds uit die grond en daar word al ‘n betondek op een van die strukture gegooi.

Die projek is tans geskeduleer vir voltooiing teen die middel van November 2025, maar die datum word wel tans bekyk met die laaste tyd se reënpatrone wat ‘n impak kan hê.

bouwerk vroeër by die nuwe wisselaar en brug
Die R45 word van hierdie N7-aansluiting af om Malmesbury verleng na die Riebeek-Kasteelaansluiting

Die verbypad sal bo-oor Piketbergweg en oor die Rustfonteinpad gaan en onderdeur die nuwe Malmesbury/Riebeek-Kasteel-brug wat by die nuwe wisselaar gebou word.

Só lyk die plan van die nuwe Malmesbury/Riebeek-Kasteelwisselaar

Leave a Reply

error: Content is protected !!