Melkboere neem voortou
Die Melkboere het Saterdag in die Boland Rugby Grootuitdaag (Swartland) met groot durf op Lillies se tuisveld die voorlopers (ten minste tydelik) van hul eerste plek op die punteleer afgestoot.
Darling is die nuwe voorlopers nadat hulle Abbotsdale met 27-24 geklop het.

Lillies het egter een wedstryd minder gespeel en is die kanse goed dat hulle weer kan voorloop.
Die liga begin nou einde se kant toe staan met Darling wat nog net drie van hul 20 wedstryde oor het. Die meeste spanne het nog vier wedstryde oor terwyl Good Hopes, Riebeek United en Young Eagles nog 5 wedstryde moet speel.

Good Hopes het Saterdag vir Never Despair naelskraap met 20-19 geklop terwyl Porterville maklik met 27-10 met hul bure van Saron afgereken het.
Villagers Wittewater het die besoekers van Riebeek United met 55-38 geklop.
Never Despair wat voor die naweek nog in die sewende posisie was, het met die een bonuspunt wat hulle Saterdag verdien het. opgeskuif in die sesde plek.

In die komende naweek se reeks wedstryde reis Wesbank (tans 4de) na Darling, terwyl Young Eagles die spanne van Abbotsdale ontvang.
Riebeek United speel gasheer vir Moorreesburg en Saron speel tuis teen Villagers Wittewater.
Porterville (tans 3de) reis van Riebeek-Wes om Good Hopes die stryd aan te sê en Never Despair het ‘n loslootjie.
