Op die World Travel Market (WTM) wat vandag in Kaapstad ten einde loop, het die Swartland en Weskus weer die streek se produkte aan besoekers van lande regoor die wêreld bekendgestel.
Een van die streek se bekende toerismebestemmings !Khwa ttu (ook bekend as “the embassy of the San“), het die streek se naam ook hoog gehou met ‘n goue toekenning op die jaarlikse toekennings vir verantwoordelike en volhoubare toerisme.
!Khwa ttu het een van die top-toekennings (goud) ontvang vir hul gemeenskapsgebaseerde voedsel- en erfenisprogram. By die toekennings saam met Olivia Gradidge, bemarkingsbestuurder van WTM Africa, (heellinks) en Rachel Nxele van die toerismedienstevereniging – SATSA (heelregs) was van links !Khwa ttu se Nunke Kadhimo, Sanna Kruiper, Bianca Tango en Michael Daiber (hoofbestuurder).
!Khwa ttu naby Yzerfontein het die toekenning ontvang vir innoverende integrasie van San-kulturele erfenis, etiese verkryging en gemeenskapsbemagtiging in hul voedsel- en drankaanbiedinge. !Khwa ttu, is geloof vir die etiese verkryging en gemeenskapsbemagtiging in sy voedsel- en drankaanbiedinge.
“Ons waardeer hierdie toekenning omdat ons passievol is oor herwinning. Ons ondersteun ons plaaslike inwoners deur slegs by ons plaaslike inwoners te koop. Ons het almal mekaar nodig. As jy na jou vriend kyk, sal jou vriend na jou kyk. Ons moet saam opstaan,” het ‘n !Khwa ttu-woordvoerder gesê.
By die Weskus se uitstalling Donderdag, was Melonese Raman en Vernorene Maarman van Weskus Toerisme, raadslede Miranda Schrader en Monde Stemele, Rohanda Mckrieling van Weskus Toerisme, Monica de Jager van van Namaqua Weskus en voorsitter van Weskus Streektoerisme, speaker Kallie Louw (speaker van WD), raadsdame Sandra Crafford (onderburgemeester van WD) en Jacquelene Melenephy van Weskus Toerisme.
Swartland Toerisme en Weskus Toerisme het hul onderskeie uitstalruimtes gebruik om aan toerismerolspelers en kopers van 99 lande te vertel van die besondere diverse reeks toerismeprodukte wat die streek bied.
Die Wes-Kaap se LUR vir Landbou en Toerisme, dr. Ivan Meyer, het op Vredenburg gematrikuleer. Hy het ook die WTM-reisekspo in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum besoek. Hier is hy by die Swartland se uitstalling saam met Adri Jacobs, toerismebeampte vir Malmesbury, Moorreesburg en Koringberg. Naas beamptes van die onderskeie toerismeagentskappe/buros en munisipale amptenare, het munisipale raadslede ook die reisekspo besoek.By Swartland Toerisme se uitstalling was Kiara Dewrance van Swartland Toerisme (Yzerfontein) , Monde Stemele (portefeuljehoof vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme by die Weskus Distriksmunisipaliteit – WD), Earl Williams (senior bestuurder van strategiese dienste by die WD), raadslid Miranda Schrader (portefeuljehoof vir infrastruktuur by die WD), Kallie Louw (speaker van die WD), Nomonde Ndlangisa (hoof van Bergrivier Toerisme), raadsdame Sandra Crafford (onderburgemeester van die WD), Adri Jacobs van Swartland Toerisme (Malmesbury, Moorreesburg en Koringberg) en Heinrich Robertson (hoof van mediakommunikasie en toerisme by die WD).