FEATUREDSchoolsSports

CPM se wintersportdag weer ‘reuse-sukses’

Verskeie skole uit die omgewing het die afgelope Saterdag aan die 22ste wintersportdag van die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) deelgeneem.
Dit word in ‘n verklaring as ‘n “reuse-sukses” beskryf met “ongeveer 3 500 mense wat dit bygewoon en ‘n dag van rugby en netbal geniet het”.

Die dag is deur CPM se skoolhoof, Willie Taylor, geopen. Hy het die sukses van so ‘n sportdag toegeskryf aan “deelnemende skole, ouers, spelers en ondersteuners wat ons streek se kinders die geleentheid gee om hul gunstelingsportsoort te kan beoefen”.
“Spanne van 13 skole – 58 rugbyspanne en 72 netbalspanne en altesaam bykans 1 000 spelers – het deelgeneem.

CPM se o.9-netbalspan in aksie. Foto: Daniela Photography

“Dit was ‘n indrukwekkende vertoning deur skole van onder meer Vredendal, Riebeek-Kasteel, Paarl, Langebaan en Tulbagh.”
Die o.8-, o.9- en o.10-netbalspanne van CPM het al hul wedstryde gewen – ‘n “prestasie waarop die skool baie trots is”.

“Die sukses van hierdie sportdag sou nie moontlik gewees het sonder die bydraes van borge uit die gemeenskap nie.”
Die skool het elke borg wat die dag help moontlik maak het, bedank vir hul ondersteuning.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!