Swartland Opedag bied unieke wynreis
Wynliefhebbers kan gereed maak vir ‘n besondere kans om die wynmakers van die Swartland in hul kelders te ontmoet, wanneer produsente vir een dag hul kelderdeure oop gooi vir die besoekers.

Die Swartland Opedag op 7 Junie se program vir dié dag van wyn, olywe, kos en verkenning is nou beskikbaar.
(Sien program hiernaas vir meer besonderhede en watter plase deelneem en heerlike proeë aanbied.)


Swartlandse wyne raak al meer gewild en gesog en heelparty van die juwele in die streek se wyngeledere is verborge en die proegeleenthede is dikwels slegs per afspraak.
Die Swartland Opedag op 7 Junie bied nou die gulde geleentheid, ook vir inwoners van die Swartland en Weskus, om die wynmakers op hul voorstoep te ontmoet, van hul eksklusiewe wyne te proe en ‘n besondere blik te kry op wie en wat die Swartland se wyne en wynmense werklik is.

Kuier intiem saam in die kelders en proelokale van top-produsente wat ander kere net te besig is om wonderlike een-tot-een-kuiers moontlik te maak.
Geniet voortreflike wyne en smul aan heerlike kos.
Juis omdat talle die geleentheid sal aangryp en die lokale nie so groot is nie, is die plekke beperk.
Maak dus seker dat jy gou spring en jou plek direk by elke produsent bespreek soos op die program hierbo.
