FEATURED

Voëlvlei 2de volste in 10 jaar op dié datum

Die watervlak van die Voëlvleidam het ná die reën die afgelope week met bykans 1 punt gestyg nadat dit op 57,17% was. Die vlak is vanoggend op 58.05%.
Dit is 8,5 punte hoër as die 48,5% van ‘n jaar gelede op 26 Mei.

Die vlak vanoggend is ook die tweede hoogste die afgelope 10 jaar op die ooreenstemmende datum nadat dit in 2021 op 61,5% was.


Die dam met ‘n kapasiteit van 158.59 miljoen kiloliter (m³) is die vernaamste drinkwaterbron van die Swartland en is ook deel van die Stad Kaapstad se waternetwerk.

Volgens weervoorspellers is daar ‘n 50% kans op reën later die week (Donderdag en Vrydag).
Die grootste dam wat aan die Stad Kaapstad water voorsien, die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp, is vanoggend 59,18% vol. Die vlak was ‘n jaar gelede op 57,9%. Die Theewaterskloofdam se kapasiteit is 479.26 miljoen kiloliter (m³).

Leave a Reply

error: Content is protected !!