Voëlvlei nou bo 72%
Die watervlak van die Voëlvleidam het gisteraand die 72%-merk bereik. Dit is vanoggend gemeet op 72,61% en die twee vernaamste toevoerkanale vloei nog sterk.
Op 72,61% is die vlak meer as 15% hoër as ‘n maand gelede toe dit op 57,14% was. Die grootste toename was sedert 26 Junie toe dit nog meer as 10% laer was op net meer as 61%.

Dieselfde week verlede jaar was die vlak op 62% en op 7 Julie 2023 was die vlak op 75,4%.
Die vorige drie jaar was die Voëlvleidam se vlak op onderskeidelik 61,8% (2022), op 73,1% (2021) en op 59,1% (2020).
Dié dam, die Swartland se vernaamste bron van drinkwater, het ‘n 100%-kapasiteit van 158 600 000 kubieke meter (kiloliter).
Dit hou dus tans 24 535 420 m³ (kiloliter) meer water as ‘n maand gelede.

Die Misverstanddam met ‘n 100%-kapasiteit van 5 700 000 m³ (kiloliter) se vlak word vanoggend aangedui as 145,55%.
Voëlvlei maak deel uit van die Stad Kaapstad se watervoorsieningstelsel en hul gebruik die grootste gedeelte van die water uit dié dam.
Die grootste dam in die stelsel, Theewaterskloof met ‘n kapasiteit van 479 300 000 m³ (kiloliter), was vanoggend op 76,05%.
