Yzerfontein vereer weer sterre uit gemeenskap
Die jaarlikse gemeenskapstoekennings op Yzerfontein is verlede week by die Strandkombuis gehou.
Inwoners wat die dorp en gemeenskap dien, het erkenning ontvang en is in verskeie kategorieë vereer vir hul bydrae.

Die openbare digitale stemproses het vanjaar groot deelname uit die gemeenskap gelok met bykans dubbeld soveel nominasies as voorheen. Ook die toekenningsgeleentheid is vanjaar deur meer gaste bygewoon.
Die fondsinsamelingsprojek wat moontlik gemaak is deur ruim skenkings van plaaslike besighede, het direk bygedra tot Yzerfontein Toerisme se projekfonds vir toerisme-inisiatiewe en gemeenskapsprojekte.
Yzerfontein Toerisme het die aand in ‘n persverklaring só opgesom: “Die Yzerfontein Gemeenskapstoekennings het ons weer eens herinner aan wat hierdie dorp onderskei. Dit is die mense wat diep omgee, wat hul tyd en talent gee, en wat aanhou om Yzerfontein te help groei, floreer en skitter.”

Die wenners van die onderskei kategorieë:
Heart of Yzerfontein (Vrywilliger)
1ste: Pierre Els (Yzer Garden & Tourism Committee)
2de: Koos Liebenberg (Neighbourhood watch)
3de: Ben Tromp (now ex-Chairman Bewarea)
Komitee se keuse: Hilary England (Beach Clean Ups)

Everyday Hero (persoon of werknemer wat met uitnemendheid dien)
1ste: Rodger Ndlovu (Elegant Fuel – uitstaande diens)
2de: David “Davie” Cleophas (Grounded – baie goeie kliëntediens)
3de: Hannelie Hector (OK Foods – baie goeie kliëntediens)
Komitee se keuse: Elna Oosthuizen

Tourism Champion (inwoner wat hard werk om toerisme te bevorder)
1ste: Pierre Els (Yzer Garden & Toerismekomitee)
2de: Kiara Dewrance (Yzerfontein Toerisme)
3de: Spar Yzerfontein (Jason & Ashley)
Komitee se keuse: Karen Schräder (Yzerfontein Accommodation)
