12 Dae vir 2025/26-kreefpermitte
Die 2025/2026 Weskuskreef-ontspanningshengelseisoen is beperk tot 12 dae tussen 20 Desember 2025 en 22 Maart 2026.

Dit word toegelaat op die volgende 12 dae:
20 Desember 2025
21 Desember 2025
27 Desember 2025
28 Desember 2025
03 Januarie 2026
04 Januarie 2026
24 Januarie 2026
25 Januarie 2026
31 Januarie 2026
1 Februarie 2026
21Maart 2026
22 Maart 2026
Slegs persone ouer as 12 mag ‘n ontspanningsvisvangpermit verkry vir nie meer nie as 4 Weskuskrewe per dag.
Die Weskuskreef-ontspanningshengelpermit kan by die Poskantoor gekoop word of aanlyn via die webwerfskakel https://www.fishing.dffe.gov.za.
‘n Ontspanningshengelpermit is geldig vir die hele seisoen.

Die saklimiet is 4 per persoon per dag en die groottebeperking is minimim 80 millimeter in lengte.
Weskuskreef kan tussen 08:00 en 16:00 op die gespesifiseerde dae gevang word.
Geen persoon wat Weskuskreef met ‘n ontspanningspermit vang, mag hul vangs verkoop nie.
Enige kreef wat gevang, versamel of vervoer word, moet vir dié doel heel gehou word.
