CommunityLatest

Imibala Moorreesburg gereed om gemeenskap te dien

Die ou kommandokantore op Moorreesburg het die laaste paar maande ‘n gedaanteverwisseling ondergaan om die splinternuwe Imibala-sentrum vir kinders te huisves.
Dit is die Imibala Trust se vierde jeugsentrum om behoeftige kinders te ondersteun met skooluniforms en verdere ontwikkelingsgeleenthede.

Besoekers kon verlede week die splinternuwe sentrum besoek tydens ‘n spesiale opedag om meer te wete te kom oor die nuwe sentrum. Kinders het ook geskenkpakkies ontvang en kunswerke geskep.
Imibala Moorreesburg open amptelik se deure in Januarie 2026.
Die Imibala Trust is 24 jaar gelede deur Gaynor Rupert gestig en streef voortdurend daarna om opvoedkundige hindernisse af te breek en geleenthede vir jongmense te skep.

Baie kinders val weens omstandighede uit die skoolsisteem. Een van die talle oorsake is die feit dat hul ouers nie skooluniforms kan beskostig nie. Die plaaslike skole help dan om dié kinders identifiseer sodat hulle van uniforms voorsien kan word.
Die sentrum maak reg vir ongeveer 100 kinders van skoolgaande ouderdom van Maandag tot Vrydag. Daar sal onder meer kuns-, drama- en dansklasse asook rekenaarklasse vir die verskillende ouderdomsgroepe aangebied word, ook volgens hul vermoëns.

Die Imibala Trust se uitvoerende bestuurder, Theo Willemse, het vroeër aan dié courant gesê ” dit gaan alles oor die kinders. Ons het al meer as 90 000 kinders tot dusver gehelp, so die 100 000-merk kom nader.
“Ons kinders is ons toekoms.”
Imibala is die isiKhosa- en isiZulu-meervoudswoord vir kleure.
“Turning grey Todays into Colourful Tomorrows”

Leave a Reply

error: Content is protected !!