LatestSports

Lillies troef St Helenabaai oortuigend


Die wedstryd teen St Helenbaai het teen ’n baie hoë tempo begin. Vanuit die staanspoor was dit duidelik dat beide spanne gekom het om aanvallende rugby te speel. Lillies was gou uit die blokke en het twee vinnige drieë gedruk om ’n vroeë voorsprong van 14-0 te neem.
Die besoekers het het egter nie gaan lê nie en sterk teruggeveg om hul agterstand tot 14–12 te verklein. Daarna het Abbotsdale egter behoorlik die krane oopgedraai en met kliniese afronding die wedstryd uiteindelik met 38-12 beklink.

Lillies se Andrew Jantjies op een van sy kenmerkende stormlopies.

Drieë is gedruk deur Laricko Visagie, Dowan Mahoney, Rheinhardt Adonis, Thorne Lategan en Wiam Syster. Die skeidsregter het ook ’n strafdrie aan Abbotsdale toegeken.
Lillies speel komende Saterdag teen Hillcrest in hul laaste opwarmingswedstryd voordat die span aanstaande naweek op Moorreesburg aan die jaarlikse Mayoral Cup deelneem. Die ligawedstryde skop op 7 Maart af.
Ander uitslae:
2de Span: Abbotsdale 7 – 7 St Helenabaai
3de Span: Abbotsdale 15 – 5 St Helenabaai

Leave a Reply

error: Content is protected !!