LatestNews

Swartland wil hierdie 5,7km strate teer

Bykans R42,5 miljoen word vir die volgende jaar begroot vir nuwe teerstrate in die Swartland Munisipaliteit soos vervat in die konsep-meerjarige kapitaalbegroting wat tans ter insae lê.

Die beplanning, onderhewig aan die finale goedkeuring van die 2026/2027-begroting asook die tenderbedrae, is om ‘n raps meer as 5,7 kilometer se strate te teer.

Hierdie is die strate/straatgedeeltes wat volgens die konsepbegroting geoormerk is om geteer te word.

As die hoë internasionale prys van olie voortduur, kan dit ‘n impak op die voorafgeraamde kostes hê en as uitvloeisel besluite om minder paaie te teer om binne die begrote bedrag te bly.


*Die konsep Geïntegreerde Ontwikkelingsplan asook die konsep bedryfs- en kapitaalbegrotings is ter insae beskikbaar vir die publiek gedurende kantoorure by die munisipale kantore asook die
biblioteke in Malmesbury, Moorreesburg, Darling, Abbotsdale, Chatsworth, Riebeek-Wes, Riebeek-Kasteel en
Yzerfontein. Die dokumente is ook beskikbaar op die Munisipaliteit se webtuiste by www.swartland.org.za.
Die sperdatum vir skriftelike insette of kommentaar is Woensdag, 22 April om 12:00.

Leave a Reply

error: Content is protected !!