Swartland Wyk 11 nou sonder raadslid – tussenverkiesing kom
Volgens aanduidings sal die tussenverkiesing in wyk 11 van die Swartland Munisipaliteit op 10 Junie plaasvind.

Dit volg nadat die raadslid van die Patriotic Alliance, Dinho White, bedank het.
White het die wyk in April 2024 in ‘n tussenverkiesing by die Demokratiese Alliansie afgeneem nadat dit vir jare ‘n DA-wyk was. Sien berig.
Die vakature het onstaan nadat die DA-raadslid, Colin Daniels, oorlede is.

Die tussenverkiesings vir 10 Junie sal volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie op 30 April geproklameer word, terwyl die voorlopige kieserslys van 4 Mei oop sal wees vir inspeksie en op 11 Mei sal sluit vir besware.
Die afsnytyd vir die indiening van die kandidatelys is (volgens die OVK se webwerf) 17:00 op 20 Mei met die uitreiking van sertifikate aan kandidate op 29 Mei en die verkiesing dan op 10 Junie.
Dit is nog vroeg en die onderskeie partye se kandidate en moontlik onafhanlike kandidate is nog nie bekend nie.
