CommunityLatest

Nie alle geboue het outomaties erfenisstatus – SM

Alle ou geboue het nie outomaties erfenisstatus nie. Geboue wat ouer is as 60 jaar kan in aanmerking kom vir erfenisstatus.
Só het die Swartland Munisipaliteit verduidelik in antwoord op ‘n navraag van dié courant.
Die navraag was na aanleiding van die ou NG Kerksaal op Riebeek-Kasteel wat nou deur die nuwe eienaar gedeeltelik afgebreek is en in agt aftreewoonstelle omskep word.

Volgens die plaak by die voordeur is die hoeksteen van die gebou op 20 Maart 1959 deur ds. J.P. Jordaan gelê. die boukontrakteur was T.S. Schaafsma en die argitek was W. Bronkhorst.

Bron: https://www.facebook.com/weskusheritage

Daar is geen aansoek om goedkeuring vir die strukturele veranderinger by Erfenis Wes-Kaap ingedien nie.
Die munisipaliteit sê: “Volgens erfeniswetgewing moet die erfeniswaarde van alle geboue ouer as 60 jaar bepaal word. Erfeniskenners moet kwalifiserende geboue ondersoek en indien die gebou erfeniselemente bevat wat as bewarenswaardig geag word, kry die gebou erfenisstatus.

Die munisiplaiteit verduidelik voorts: “In die Wes-Kaap maak plaaslike munisipaliteite gebruik van erfenisregisters wat deur kenners opgestel word om die status van ‘n gebou na te gaan wanneer bouplanne ingedien word. Die Swartland Munisipaliteit het volledige erfenisstudie reeds in 2009 voltooi. Die register wat uit die studie opgestel is, bevat al die dorpe in die munisipaliteit en alle erfenisgeboue is geïdentifiseer, gegradeer en gelys. Die studie is deur spesialiste voltooi en goedgekeur deur Erfenis Wes-Kaap. Die register is in 2023 opgegradeer en bygewerk.

“Wanneer bouplanne by die munisipaliteit ingedien word, is die kontrolering van die erfenisstatus van ‘n gebou outomaties deel van die proses. Indien daar gevind word dat ‘n gebou wel erfnisstatus het, word die aansoek dadelik na Erfenis Wes-Kaap verwys voor daar enige verdere besluite geneem word of planne goedgekeur word.”
*dié courant het ook by Erfenis Wes-Kaap navraag gedoen en sal berig sodra ons hul terugvoer ontvang.

Leave a Reply

error: Content is protected !!