Voëlvlei by selfde vlak as 2025
Die watervlak van die Voëlvleidam het afgelope week deurlopend bly styg en is vanoggend op 59,44% gemeet nadat dit ‘n week gelede op 58,15% was.

Vanoggend se vlak is baie naby aan dié van ‘n jaar gelede toe ‘n vlak van 59,6% aangeteken is.
Die Voëlvleidam is nou op sy 3de volste vlak in 11 jaar op dié datum nadat dit in 2021 op 61,5% gestaan het.
Die dam is die vernaamste drinkwaterbron van die meeste dorpe in die Swartland en is ook deel van die Stad Kaapstad se waternetwerk.

Die Misverstanddam in die Bergrivier is Moorreesburg en Koringberg se vernaamste drinkwaterbron.
Dié dam ise vlak is vanoggend op 115,5% aangeteken nadat dit met die onlangse vloede by 228% gaan draai het.
Stad Kaapstad se grootste dam, die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp, was vanoggend 71,45% vol. Die vlak was ‘n jaar gelede op 59,3%.
