LatestNews

Die vier kandidate vir wyk 11-raadslid

Daar is vier kandidate wat sake gaan uitspook om vir ‘n klompie maande tot die munisipale verkiesings op 4 November die wyksraadslid van wyk 11 in die Swartland te wees.
Die wyk waar die tweede tussenverkiesing sedert die vorige ronde munisipale verkiesings in 2021 nou op 10 Junie sal plaasvind het weer vakant geraak nadat raadslid Dihno White (PA) bedank het. Hy het gedien nadat hy die tussenverkiesing in 2024 gewen het.
Die vier kandidate vir 10 Junie is dié van die ANC, die DA, die PA en die Truth and Solidarity-beweging.
Die stemlokale waar kiesers hul kruisies kan trek, is die Wesbank-Gemeenskapsaal en die Binneshuise Sportsentrum in Alfastraat.
Die vier kandidate is Jaqueline Beatrice Van Rooyen (ANC), Moos Jacobus Jaanse (DA), Raymond Ricardo Mains (PA) enDeven Arries (Truth and Solidarity Movement).

dié courant het vier kort biografiese vrae aan elke kandidaat gestuur asook gevra hulle moet aandui wat hulle vir wyk 11 sal doen. indien hulle die raadslid word. Hier volg die antwoorde:
.
ANC – Jaqueline Beatrice Van Rooyen (née Manuel)

Noemnaam: Jacky
Woon in Wesbank
Boorling van Malmesbury
Is ‘n assistent-kok maar is tans werkloos.
Skool gegaan by St Thomas Primêr en gematrikuleer by Schoonspruit Sekondêr.
“As kandidaat van die ANC kan ek niemand enigiets belowe nie, maar wel kan ek sê dat met behulp van my gemeenskap is ons tot alles instaat. ‘Challenges’ in ons gemeenskap kan ons korte mette mee maak, as ons saamstaan.
“Daarmee wil ek sê voorspoed aan al die kandidate en ek hoop ons kan hande vat om ons gemeenskap waarvoor ons lief is, ‘n beter plek maak.
“A luta continua.”
.
DA – Moos Jacobus Jaanse

Bekend as Pastoor Moos Jaanse
48 jaar oud
Woon in Saamstaan, Malmesbury
Is oorspronklik van die plaas Rooidraai.
“Ek is n pastoor en gekwalifiseerde elektrisiën van beroep.
“Aan die gemeenskap wil ek sê ek glo en vertou volkome dat ek ‘n groot verskil in ons gemeenskap kan bring en dat ek geen beloftes maak wat ek nooit sal kan nakom nie, maar my bes doen om te help waar ek kan. Ek is tot u diens wyk 11.”
.
PA – Raymond Ricardo Mains


Mnr. Mains het verkies om nie dié courant se vrae te beantwoord nie en het ook gesê hy “is nie een vir koerante nie”.
.
Truth and Solidarity Movement – Deven Arries

“My name is Devon Arries, born in Cape Town 31 years ago before my family later settled in Malmesbury.
“Formerly employed as a project planner in injection moulding, I later founded a digital design business while remaining actively involved in community development initiatives.
“I want to bring:
“Safety to our streets and upgrades to our roads.
“Ensure entrepreneurs access funding effortlessly.
“Drive skills transfer programs for the youth.
“Ensure access to clean water in informal settlements.
“See. Solve. Serve. None exclusion of communities in decision making.
“Houses will be built.”

Met die tussenverkiesing op 24 april 2024 was die totale aantal geregistreerde stemgeregtigdes in die wyk 4473 (1171 by die sportsentrum en 3302 by die gemeenskapsaal).
Daarvan het ‘n totaal van 2139 (47,82%) gestem waarvan 16 bedorwe stemme was.
Die PA se White (853 stemme – 40,18%) het met 28 stemme gewen met Maude Goliath van die DA (825 stemme- 38,86%) in die tweede plek en Moos Jaanse (Onafhanklik) met 232 stemme (10,93%) in die derde plek.
Die posisie van raadslid vir wyk 11 het destyds vakant geword met die dood vroeër van die raadslid Collin Daniels van die DA.

Leave a Reply

error: Content is protected !!