Skryf nou in vir landbouwerkertoekennings
Dit is weer tyd vir die jaarlikse kompetisie om die streek se top-landbouwerkers te bekroon.
Die Swartland se beste landbouwerkers vir 2026 word in Augustus aangewys in samewerking met die Wes-Kaap se Departement van Landbou onder koördinering deur die Goedgedacht.
Kontantpryse van bykans R60 000 is op die spel.

Alle landbouwerkers (enige persoon wat deel vorm van en ‘n bydrae lewer tot die boerdery) mag deelneem aan die onderskeie kategorieë.
Landbouwerkgewers kan ook hul werknemers aanmoedig om aan dié kompetisie deel te neem en in te skryf teen 17 Julie.
Die werkgewer, bestuur, plaaswerkerskomitee of medewerkers kan deelnemers vir die kompetisie benoem.

Die kategorieë waarin landbouwerkers kan meeding, is dié van:
Algemene Werker
Drywer
Administratiewe Personeel
Tegniese Operateur
Besproeiingspesialis
Diereproduksie
Sosiale Ontwikkeling
Landbouverwerking
Voorman/-vrou
Junior Bestuur
Middelbestuur
Die algehele wenner en deelnemer met die beste potensiaal word ook weer aangewys.
Die streek se wenners van elke afdeling dring dan outomaties deur na die provinsiale kompetisie waar die room van die Wes-Kaap se landbouwerkers by ‘n prestigegeleenheid bekroon word.

Vir navrae, kontak die Swartland se streekkoördineerder, Anna Nobangela per e-pos by cw@goedgedacht.org of Jonbenay Prins (first1000days@goedgedacht.org) of Daneca Huisamen (popsw@goedgedacht.org)
Inskrywings sluit 17 Julie.

