Voëlvlei se 61% 11 punte laer as in 2025
Die watervlak van die Voëlvleidam het die afgelope week met twee persentasiepunte gestyg en die 61%-merk verbygesteek.
‘n Jaar gelede was die dam 72,61% vol.
Die ooreenstemmende week twee jaar gelede was die vlak op 62% en op 7 Julie 2023 was die vlak op 75,4%.
Op die ooreenstemmende datums die voorafgaande drie jaar was die dam se vlak op onderskeidelik 61,8% (2022), 73,1% (2021) en op 59,1% (2020).

Die Voëlvleidam, die Swartland se vernaamste bron van drinkwater, het ‘n 100%-kapasiteit van 158 600 000 kubieke meter (kiloliter)..
Dit maak deel uit van die Stad Kaapstad se watervoorsieningstelsel en die stad gebruik verreweg die grootste gedeelte van die water uit dié dam.
Die vlak van die grootste dam in die stad se stelsel, Theewaterskloof met ‘n kapasiteit van 479 300 000 m³ (kiloliter), het die die afgelope week met 1,5 persentasiepunte gestyg tot 77,1%. Dit was ‘n jaar gelede op 76,05%.
