Gholfspelers kry nuwe slypplek op Malmesbury
MALMESBURY (promosie) – Daar is goeie nuus vir gholfspelers in die Swartland.
Hulle kan binnekort in wind en weer (nie dat daar vanjaar veel van ‘n winter is nie) seker maak dat hulle geslyp bly en nie effe verroes raak nie.
Vir gholfspelers in die streek is open ‘n professionele binnenshuise gholffasiliteit binnekort naby aan die huis.
Jy sal met dié splinternuwe gholfsimuleerder met die jongste tegnologie virtueel slyp en tussen ‘n groot verskeidenheid van die bekendste en gewildste bane kan kies.

The 19th Hole Golf Lounge and Simulator is binnekort oop.
Dit werk so: Jy slaan met jou eie gholfstokke en regte gholfbal teen ’n spesiale groot, stewige skerm. Hoëspoedkameras en akkurate sensors vang als vas – hoe jy swaai, die bal se spoed, die hoek waarteen dit vlieg, die tol, en selfs jou stok se pad deur die lug.
Al dié inligting word na die kragtige rekenaar gestuur waar dit met blitsige fisikaberekeninge uitwerk hoe die bal sou vlieg as jy op daardie spesifieke baan was. Binne ’n sekonde sien jy dit op die groot skerm – net soos op daardie gholfbaan. Dit is dieselfde soort stelsel wat talle professionele spelers gebruik om te oefen.
Wil jy op Augusta speel of op een van die ander bekendes? Die simuleerder roep jou baan van keuse op – die hellings, die sand, die wind, als.

De Wet Britz (en sy broer, Tiaan) het in ‘n gholfhuis grootgeword. Pa Johan het vir jare vir die Weermag gholf gespeel en het ook nou weer meer tyd om meer en meer te speel.
De Wet sê jy skep hier jou eie profiel waar al jou data gestoor word en jy jou eie vordering kan dophou.
Jy kan alleen kom oefen met al die tegniese inligting en só jou swaai regkry, virtueel teen die groot name speel of met vriende kompeteer en mekaar uitdaag.

Die fasiliteit sal ook ideaal wees vir ’n gesellige aand of om kliënte te onthaal.
Hulle het heelwat planne, waaronder spesiale tydgleuwe en afrigting vir skoliere, ‘n nuwe liga asook ‘n klein restaurant-kuierarea.
Die fasiliteit sal gesinsvriendelikwees en selfs mense wat nog nooit gholf gespeel het nie, sal kan saamspeel en dadelik sien hoe ver hulle die bal slaan.
The 19th Hole Golf Lounge and Simulator by Fabriekstraat 7, Malmesbury.
Besoek gerus die webwerf.
