‘n Swartlandse teeparty met entrepreneur Lynne Kruger-Haye
Vir Augustus vier die Derde Dinsdag-byeenkomste van die Malmesbury Sakekamer vrouemaand in die vorm van ‘n teeparty.
Die gasspreker is die bekroonde fotografiekunstenaar, entrepreneur en mentor Lynne Kruger-Haye.
Of jy nou ‘n solopreneur is, ‘n kleinsake-eienaar, of deel is van ‘n groter maatskappy wat sy/haar span wil bederf, hierdie geleentheid is ideaal.

‘n Oggend van saamkuier vol inspirasie en bemoediging, ja, maar ook teeparty. Dra ‘n tikkie groen, goud of wynrooi – met ‘n hoed of ‘n jas of die mooiste skoen in jou kas.
‘n Heerlike ontbyt en ‘n soetigheid, waardevolle netwerkgeleentheid en baie pryse om te wen.
Kruger-Haye van Durbanville is ‘n sakementor, leier in Wes-Kaapse fotografiekringe wat al talle plaaslike en internasionale toekennings ontvang het en bekend vir haar uitsonderlike portretfotografiekuns. Sy het onder meer al die Photographic Society of South Africa se gesogte LPSSA (Licentiateship), DPSSA (Diamant 4de graad) en APSSA (Associate)-toekennings verwerf.
Sy is ook die outeur van die boek The Creative Struggle: 12 steps to unlocking the creative within wat op Amazon Kindle beskikbaar is.
Kruger-Haye sê haar missie, deur haar werk, is om ander te bemagtig en te inspireer om dapper genoeg te wees, sodat hulle oorvloedig en onverskrokke kan leef.

Oor haar portretfotografie sê sy dit is wedersyds. “Die ervaring raak ons albei. Ons ruil uiteindelik ‘n bietjie van onsself in hierdie ruimte.”
Haar kliënte “stap nie net weg met pragtige beelde nie, maar hulle voel eerder gesien, meer hulself en meer bewus van hoe hulle in hierdie wêreld verskyn.
“Jy is gereed. Gee jouself toestemming.”

Vir meer inligting en voorbeelde van Kruger-Haye se werk, besoek gerus haar webwerf.
Bespreek vandag jou plek vir dié Swartlandse teeparty by hierdie skakel.
Vir meer navrae, kontak Ohna Nel by 076 482 2531.
Datum: 18 Augustus
Tyd: 07:45
Plek: Malmesbury Stadsaal
Koste: R230 p/p.
