Swartland Top-Agriwerker ‘het ‘n passie vir haar werk’
Die Swartland-streek se top-landbouwerkers is verlede week op ‘n geleentheid by Goedgedacht in die Riebeeksrivier aangewys. Die algehele wenner en die 2026 Swartland Agriwerker van die Jaar, Elizabeth van Dyk, sê sy kon nie glo dat sy in staat was om te wen nie.
“Ek was baie verbaas en baie emosioneel toe dit gebeur.”

Van Dyk van Goedgedacht sê sy “het ‘n passie vir my werk en doen dit al baie lank. Vir kinders vir wie ek klaar skoolgehou het se kinders hou ek n ou weer skool.”
Sy “is baie baie lief vir my kindertjies. Hulle sê vir my Ouma.” Sy laat ook nie dat haar ouderdom haar terughou nie en is deurlopend besig om haar verder te bekwaam en hoop om binnekort haar volgende kursus suksesvol te voltooi.
Van Dyk het die afdeling vir Maatskaplike Ontwikkeling gewen voor sy as algehele wenner aangewys is.
Die wenners in die onderskeie afdelings:
Algemene Werker

Franzette Paulse (naaslinks) van Wynkeldershoek het die streek se afdeling vir Top-Algemene Werker gewen. Samoele Mothebeli (naasregs) van Chalala 1 was tweede met Wildean Jacobs (links) van Chalala 2 in die derde plek. Die pryse is deur een van die beoordelaars, Clerise du Plessis (regs) van die Swartland Munisipaliteit oorhandig.
Drywers

Nathan Solomons (naaslinks) van Swartland Wynkelder is as Top-Drywer aangewys. Willem Oersont (links) van Rooidraai/Harmonie was tweede en Jemile Fredericks (naasregs) van Org de Rac in die derde plek. Clerise du Plessis (regs) het die pryse oorhandig.
Besproeiingspesialis

Dawid Du Toit (naasregs) van Wynkeldershoek is vanjaar se Top-Besproeiingsspesialis. Angel de Bruin (naaslinks) van Rooidraai/Harmonie was tweede en Rowan Baartman (links) van Kloovenburg derde. By hulle is Clerise du Plessis (regs).
Tegniese Operateur

Vanjaar se Top Tegniese Operateur in die Swartland is Sherwin Dyson (naasregs) van Swartland Wynkelder. Gert Tsagae (naaslinks) van Kloovenburg was tweede en Marquin Nero (links) van Wynkeldershoek in die derde plek. Tania Tait (regs) van Shoprite het hul pryse oorhandig.
Maatskaplike Ontwikkeling

Elizabeth Van Dyk (naasregs) van Goedgedacht was die wenner in die afdeling vir Maatskaplike Ontwikkeling. Maria Mathafeni (naaslinks) van Middelpos was tweede en Chrislene Solomons (links) van Paardebosch was derde. Tania Tait (regs) van Shoprite het die pryse oorhandig.
Administratiewe Personeel

Elsabee Farao (naasregs) van Wynkeldershoek het die afdeling vir Adminsitratiewe Personeel gewen met Kay-Louise Heynse (naaslinks) van Kloovenburg tweede en Abegail Goliath (links) van Swartland Wynkelder in die derde plek. By hulle is Tania Tait (regs) van Shoprite.
Voorman/-Vrou

Jenine Nero (naaslinks) van Rooidraai/Harmonie het die eerste plek verower in die Voorman/-vrou-afdeling met William Oewies (naasregs) van Swartland Wynkelder tweede en Aphendule Dyomfana (links) van Wynkeldershoek derde. Byron Jacobs (regs) van die Departement van Landbou het die pryse oorhandig.
Junior Bestuur

Devan Julies (naasregs) van Wynkeldershoek het die eerste prys in die afdeling vir Junior Bestuur ingepalm. Hy is gevolg deur Elmarie Cleophas (links) van Swartland Wynkelder in die tweede plek en Siphesihle Mkhungo (naaslinks) van Chalala 2 in die derde plek. By hulle is Byron Jacobs (regs) van die Departement van Landbou.
Landbouverwerking

Die wenner in die afdeling vir Landbouverwerking was Meegan Pietersen (naaslinks) van Paardebosch. Janille Liebenberg (links) van Goedgedacht was tweede en Alicia Junies (naasregs) van Kloovenburg derde. Tania Tait (regs) van Shoprite het hul pryse oorhandig.
Diereproduksie

Alethu Ruba (naasregs) van Chalala 2 is aangewys as die wenner in die afdeling vir Diereproduksie. Jan Fielies (naaslinks) van Org De Rac was tweede en Siyabulela Zanazo (links) van Chalala 1 in die derde plek. Byron Jacobs (regs) van die Departement van Landbou het die pryse oorhandig.
Middelbestuur

Marlon Coert (naaslinks) van Wynkeldershoek het die afdeling vir Middelbestuur gewen. Aluwani Manwabwe (links) van Chalala 2 was tweede en Gerhard September (naasregs) van Org de Rac derde. Vy hulle staan Byron Jacobs (regs) van die Departement van Landbou.
Beste Presterende Plaas

2026 se Beste Presterende Plaas in die Streek is Wynkeldershoek. Rowan van der Mescht het die prys van Ilse Boks van die Departement van Landbou ontvang.
Beste Potensiaal

William Owies van Swartland Wynkelder het die prys vir die deelnemer met die beste potensiaal van Clerise du Plessis van die Swartland Munisipaliteit ontvang.
Swartland Landbouwerker Van Die Jaar 2026

Elizabeth Van Dyk (middel) van Goedgedacht is aangewys as die Swartlandstreek Top-Agriwerker vir 2026. Sy het ook die afdeling vir Maatskaplike Ontwikkeling gewen. Saam met haar is Byron Jacobs (links) van die Departement van Landbou en Tania Tait (regs) van Shoprite.
