EntertainmentLatest

Kuns vir Almal: Porterville se jaarlikse kunsnaweek

Van Vrydag 2 tot Sondag 4 Oktober word Porterville weer die skilderdoek van Art for All – nou in sy negende jaar.

Dié gewilde kunservaring, voorheen bekend as die Proudly Porterville Art Weekend, nooi besoekers om plaaslike kunstenaars te ontmoet, kreatiewe werkwinkels by te woon en ‘n verskeidenheid uitstallings in die dorp te verken.
Art for All bied meer as net die besigtiging van uiteenlopende kunswerke. Dit is ’n naweek vir besoekers om ateljees en skeppende ruimtes te besoek, die skeppers agter die werk te ontmoet, hier en daar iets onverwags te ontdek, aan ’n werkswinkel deel te neem, plaaslike kos te geniet, die pas vir ’n rukkie te rem en ook die dorp te verken.

Die dorp word as’t ware een groot galery. Besoekers volg die roete van een kunsstop na die volgende. Daar is ook ‘n opwip-kunsmark, musiekoptredes en heerlike kos op die spyskaart .
Die tien deelnemende venues is: Carin Dorrington Studio (Meulstraat 22), Piet Retiefstraat 65, Voortrekkerstraat 60, Porta Taverna Restaurant (Bassonstraat 39), AlnaPottery Studio (Kerkstraat 21), Jan Dunckaert Museum (Markstraat 26), Porterville Biblioteeksaal (hoek van Mark- en Piet Retiefstraat), Rosestraat 27, Howzit Growing Nursery (Porterstraat 31) en Joey Koen Studio (Piet Retiefstraat 16).

Die program skop Vrydagmiddag af met met die Soup Bowls for Two-werkswinkel by Alna Pottery Studio (14:00-17:00 en sluit wyn en sop in). Daar is ook van 14:00-17:00 ‘n Upcycled printmaking-werkswinkel met die bekende Clare Menck.
Saterdag sal al tien venues oop wees van 09:00 tot 17:00. Alna Pottery bied ook ’n opwip-kunsmark aan met musiek en die gaskunstenaar Arenda.
Dan is daar ook die A Bubbly Affair – Make Your Own Platter for Two-werkwinkel (11:00-14:00).
By die Jan Dunckaert Museum is daar ook ‘n werkwinkel (09:30-12:30) waar Jannie Jordaan gaste sal wys hoe om ’n skildery in drie uur af te handel.

Sondag sal die venues oop wees van 09:00 tot 14:00, en die naweek word afgesluit met ’n Horsehair Raku-ervaring by Alna Pottery.
Navrae: events@bergriviertourism.co.za of 022 931 3732.
Volledige program en venue-inligting: https://porterville.bergriviertourism.co.za/porterville-art-for-all-2026/

Leave a Reply

error: Content is protected !!