CommunityLatestNews

Swartland: Hier is al jou kandidate – 4 Nov ’26

Wanneer Swartlandse kiesers oor ses weke na die stembus gaan in die munisipale verkiesing, sal daar volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) 129 kandidate van 14 partye en twee onafhanklike kandidate om die 23 posisies op die raad meeding.
Die jongste kandidaat in die Swartland is Morné Adams, 22 (van die People’s Movement for Change), wat in Wyk 3 staan, terwyl Antonie Johannes Jacobus Kamfer (73) van die DA die oudste kandidaat is. Hy is sewende op sy party se proporsionele lys.
Die twee onafhanklike kandidate is Ian Wilbert Rosant (55) wat in Wyk 6 meeding en Gcinumzi Emmanuel Tyakiwe (51) wat in wyk 9 staan.

Die 14 partye wat op 4 November kandidate in die Swartland het, is:
African National Congress (kandidate in al 12 wyke asook nege op hul proporsionele lys),
African Transformation Movement (kandidate in Wyke 4,7 en 9 asook 10 op hul proporsionele lys),
Afrika Mayibuye Movement (kandidate in al 12 wyke asook een op hul proporsionele lys),
Cape Independence Party/Kaapse Onafhanklikheids Party (kandidate in al 12 wyke asook een op hul proporsionele lys),
Democratic Alliance (kandidate in al 12 wyke asook 22 op hul proporsionele lys),
Economic Freedom Fighters (kandidate in al 12 wyke asook een op hul proporsionele lys),
Good (kandidate in al 12 wyke asook een op hul proporsionele lys),
National Coloured Congress (kandidate in al 12 wyke asook drie op hul proporsionele lys),
Patriotic Alliance (kandidate in al 12 wyke asook elf op hul proporsionele lys),
People’s Movement For Change (kandidate in Wyke 3, 4,7, 11 en 12 asook vyf op hul proporsionele lys),
South African Communist Party (kandidate in al 12 wyke asook een op hul proporsionele lys),
Umkhonto Wesizwe Party (een kandidaat op hul proporsionele lys),
United Independent Movement (een kandidaat in Wyk 4) en
Vryheidsfront Plus | Freedom Front Plus (kandidate in al 12 wyke asook nege op hul proporsionele lys).
Verskeie partye het dieselfde kandidaat in heelparty wyke.

In 2021 het die DA 11 van die 12 wyke ingepalm. Die ANC het wyk 9 gewen.
Intussen was daar drie tussenverkiesings (een in Wyk 7 en twee in Wyk 11).
Die DA het Wyk 7 behou, maar die PA het beide tussenverkiesings in Wyk 11 gewen.
Die Swartland se huidige wyksraadslede is:
Wyk 1: Marlene Nel (DA)
Wyk 2: Desmond Pypers (DA)
Wyk 3: Nicolene Smit (DA)
Wyk 4: Richard Jooste (DA)
Wyk 5: Michael Rangasamy (DA)
Wyk 6: AK Warnick (DA)
Wyk 7: Allan Williams (DA)
Wyk 8: Anet De Beer (DA)
Wyk 9: Mkhululi Ngozi (ANC)
Wyk 10: Tijmen Van Essen (DA)
Wyk 11: Raymond Mains (PA) en
Wyk 12: Desiree Bess (DA)
Met die berekeninge vir proporsionele raadslede in 2021 is daar 4 posisies aan die ANC toegeken, drie aan die DA, twee aan die VF Plus en een elk aan die EFF en Good. Dié samestelling word met ‘n formule bepaal en verskil van verkiesingsjaar tot verkiesingsjaar.
Die huidige proporsionele raadslede is:
Harold Cleophas (DA)
Cornelia O’Kennedy (DA)
Ilza Le Minnie (DA)
Bulelani Penxa (ANC)
Catherine Pieters (ANC)
Cornelia Fortuin (ANC)
Phakamani Soldaka (ANC)
Gerhard Vermeulen (VF Plus)
Amber Maria Booysen (VF Plus)
Jeremy Richard Papier (Good) en
Megan Furgmagan Gaika (EFF)

Sien die bygaande plasing vir die onderskeie wyke se kandidate.


Die kandidate op partye se proporsionele lyste vir die verkiesing op 4 November:

African National Congress

  1. Bulelani Justice Penxa (43)
  2. Catherine Pieters (48)
  3. Msingathi Mabhengu (27)
  4. Tessa Hilary Mankay (54)
  5. Lunga Nelson Gali (55)
  6. Liziwe Phyllis Beja (63)
  7. Esté Jenay Febiola Timotheus(26)
  8. Philip Albert Clareance Humphreys (66)
  9. Elmar Charles Matthew Apollis (55)

African Transformation Movement

  1. Mhlabeni Ngqamakwe (59)
  2. Yonela Nongqunga (35)
  3. Ntuthuzelo Madlebe (46)
  4. Bulelani Zakade (43)
  5. Nozuko Gloria Chasani-Ngqamakwe (42)
  6. Bradley Grant Erasmus (33)
  7. Thandiswa Thelma Pike (53)
  8. Nosizwe Margaret Solwandle (55)
  9. Zubenathi Lucinda Dyantyi (24)
  10. Tshepiso Promise Tulwana (30)

Afrika Mayibuye Movement

  1. Bongani Funiselo (44)

Cape Independence Party/Kaapse Onafhanklikheids Party

  1. Angela Elizabeth Bosman (54)

Democratic Alliance

  1. John Harold Cleophas (61)
  2. Cormac Blumeres Fortuin (64)
  3. Desiree Geraldine Bess (49)
  4. Juliet Mandy Stone-Du Plessis (40)
  5. Patricia Elizabeth Solomons (67)
  6. Ronald Macdonald John Arendse (64)
  7. Antonie Johannes Jacobus Kamfer (73)
  8. Allan Mark Williams (54)
  9. Guswill Cleopas (35)
  10. Estelle Sheila Margaret Maart (50)
  11. Aubrey Clive Sedeman (69)
  12. Desmond Christopher Pypers (56)
  13. Avela Austin Duda (41)
  14. Maria Johanna Warries (52)
  15. Richard John Jooste (65)
  16. Moos Jacobus Jaanse (48)
  17. Elizabeth Daniels (62)
  18. Willem Amerika (53)
  19. Jeremy Richard Papier (62)
  20. Pierre-Jeanne Albertyn (62)
  21. Michael Adolph Rangasamy (57)
  22. Janetta Maria De Beer (58)

Economic Freedom Fighters

  1. Valley Nkgapele (35)

Good

  1. Patricia Dixon (61)

National Coloured Congress

  1. Christopher Denzil Lesch (34)
  2. Jessica Theresa Maarman (46)
  3. Mogamat-Zain Abrahams (62)

Patriotic Alliance

  1. Aquilla Natalie Jacobs (65)
  2. Nkuleko Wilson Poni (58)
  3. Declan Ian Louw (44)
  4. Frederick Henry Haas (44)
  5. Zedekiah Van Nieuwenhuizen (40)
  6. Ingrid Frans (63)
  7. Ashwell Gerald Kettledas (57)
  8. Helen Fiona Daniëls (60)
  9. Julene Ernerstine Pick (43)
  10. Petro Andeleine Links (64)
  11. Sarah Amelia Filander (46)

People’s Movement For Change

  1. Gerhardus Elroy White (38)
  2. Bernice Bernerdette Brazill Jenner (50)
  3. Andrew Beukes (46)
  4. Anna Susanna Markus (61)
  5. Gavin Bongani Sampson (30)

South African Communist Party
1.Phakamani Ellias Soldaka (37)

Umkhonto Wesizwe Party

  1. Phindile Dlumane (46)

Vryheidsfront Plus | Freedom Front Plus

  1. Gerhard Vermeulen (57)
  2. Amber Maria Booysen (50)
  3. Jayehmenn Lewis-Potas (56)
  4. Jan Hendrik Van Wyk (58)
  5. Noxolo Cordelia Lobese (46)
  6. Sharon Geduld (56)
  7. Barend Irion (47)
  8. Alida Daniels (50)
  9. Sandra Elma Matthyse (65)

*Al die inligting oor die 2026-kandidatelys soos uitgereik deur die OVK.

Leave a Reply

error: Content is protected !!