4 November: Kandidate per Swartland-wyk
Oor minder as ‘n maand gaan kiesers, ook in die Swartland, na die stembus om hul verteenwoordigers (raadslede) in die plaaslike regering te verkies.

Elke kieser sal drie stembriewe kry
- een om vir hul wyksraadslid te stem,
- een om vir hul party van keuse in die Swartland munisipale area te stem om proporsioneel raadslede van daardie party na die Swartland se stadsraad te stuur en
- een om vir hul party van keuse in die Weskus munisipale area te stem om proporsioneel raadslede van daardie party na die Weskus Distriksmunisipaliteit se raad te stuur.
In die Swartland is daar 14 partye en 131 kandidate wat om die 23 posisies (12 wyksraadslede en 11 proporsioneel verkose raadslede) sal meeding.

Die kandidate per wyk:












