EntertainmentLatest

Unieke kos- en wynervarings op die spyskaart

Dit is al weer oor minder as ‘n maand tyd vir die Swartland Wyn- en Olyfroete se jaarlikse straatparty in Short Street op Riebeek-Kasteel. Dié geleentheid is só gewild dat kaartjies altyd lank voor die tyd opgeraap word, MAAR daar is nog kans om een van die unieke kos-en-wynpaaretes by een van die streek se gewilde restaurante mee te maak.

By elkeen van die restaurante paar Swartlandse topprodusente self hul wyne met disse op die pasgemaakte spyskaart.
By sommige van die etes kry gaste die unieke geleentheid om spesiale en gewilde wyne te proe wat nie so vrylik in die handel beskikbaar is nie.

Die etes en langtafelgeleenthede gaan Vrydag 6 November die straatparty van Saterdag vooraf, maar ook hier is sommige van die kaartjie al uitverkoop. Gouspring is dus die wagwoord.
Daar is enigiets van garnaal- en eendroulade, Thai groenkerrie panna cotta, staanrib, heel lendeskyf, fynbosgerookte salm, geroosterde garnale, roosterkoek en mini-melktertjies op die onderskeie spyskaarte.

Onder die geleenthede tel ‘n ete by Myrtledene op Malmesbury waar gaste kan uitsien na sjef Lawrence se disse gepaar met die wyne van Porseleinberg, Great Heart Wines, Hofstraat Kelder en Angels Share wat deur die wynmakers toegelig word. Bespreek by https://qkt.io/S5PtPJ
By The Barn op Riebeek-Kasteel kom die wynmakers van Schenkfontein, Allesverloren en Riebeek Valley Wine Co se wyne en sjef Thomas se spyskaart aan die beurt. Bespreek by https://www.quicket.co.za/events/399217-swartland-dinner-party-the-barn
Daar is ook:
Kokos Huis met die wyne van FRAM, Intellego, Swerwer, Testalonga & Thor Vintners & Co.
Besprekings: https://www.quicket.co.za/events/399134-swartland-dinner-party-kokos-huis/
Marras met van hul eie wyn en dié van Wightman & Sons, Pulpit Rock, Zwartwater, Vino pH en JH Meyer. Besprekings: https://www.quicket.co.za/events/399111-swartland-dinner-party-marras/
Mura @ Eight Feet Village waar wyne en wynmakers van Kloovenburg, Leeuwenkuil Family Vineyards, The Sadie Family Wines, Org de Rac en Klein Amoskuil aan die beurt kom.
Besprekings: https://www.quicket.co.za/events/399120-swartland-dinner-party-mura.
die Royal Hotel met City On A Hill, Mullineux and Yellowwood Winery (Aspoestertjie) se wyne. Besprekings: https://www.quicket.co.za/events/399218-swartland-dinner-party-the-royal-hotel

Leave a Reply

error: Content is protected !!