CommunityGeneralLatest

Waarvoor jou 3 stemme (kruisies)?

Wanneer geregistreerde kiesers aanstaande week – Maandag en Dinsdag vir voorafbespreekte spesiale stemme, en Woensdag op stemdag – in die Swartland en Weskus Distrik vir hul plaaslike regeringsverteenwoordigers gaan stem, sal hul drie stembriewe ontvang.
Die aantal stembriewe wat ‘n kieser ontvang, hang af van die tipe munisipaliteit. In metropolitaanse munisipaliteite ontvang kiesers slegs 2 stembriewe en in ander munisipaliteite die 3 stembriewe.
Die een is vir die raadslid in jou betrokke wyk binne jou B-munisipaliteit, bv. Swartland. Die Swartland het 12 wyke waarvoor ‘n raadslid elk verkies moet word.

Hierdie stembrief, volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie, sal grys en wit wees. Die kandidaat se volle naam en van, ‘n foto van die kandidaat asook hul politieke party se logo sal langs hul naam verskyn, indien hulle ‘n party verteenwoordig of daar sal ‘n aanduiding van “Onafhanklik” wees, indien hulle as onafhanklike kandidate deelneem. (Kandidate per Swartland-wyk)
Die tweede stembrief is nie vir ‘n persoon nie, maar vir ‘n politieke party wat, afhangende van hoeveel stemme die party ontvang, proporsioneel (indien wel genoeg) 1 of meer raadslede van hul proporsionele lys na jou B-munisipaliteit se raad kan stuur.
Hierdie stembrief, volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie, sal geel wees. Dit is belangrik om te onthou dat ook al die stemme wat vir die wykskandidate van politieke partye uitgebring is, by die aantal stemme vir hul party op die proporsionele stembriewe getel word om die kwota proporsionele verteenwoordigers/raadslede te bepaal. Daar word in totaal 23 raadslede vir die Swartland verkies – 12 wyksraadslede en 11 proporsionele raadslede.

Die derde stembrief is ook net vir politieke partye, maar hierdie keer vir die distriksmunisipaliteit bv. Die Weskus Distriksmunisipaliteit. Hierdie stembrief, volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie, sal groen wees. Van die distrik se raadslede (25 in die geval van die Weskus) word 40% (10) met die kruisies op daardie stembriewe aangewys en die ander 60% (15) word deur die B-munisipaliteite se onderskeie rade verkies en afgevaardig. In die Weskus se geval kan Saldanhabaai 5 raadslede afvaardig, Swartland 4, en die ander drie B-munisipaliteite in die distrik – Bergrivier, Cederberg en Matzikama – elk twee.
Terug by Swartland. Die huidige raad, waarvan die termyn nou ten einde loop, se 11 proporsionele raadslede is saamgestel uit 4 van die ANC, 3 van die DA, 1 van die EFF, 1 van Good en 2 van die VF+.
Vir aanstaande week se verkiesing is die volgende kandidate op die onderskeie partye se proporsionele lyste vir die Swartland Munisipaliteit:

African National Congress

  1. Bulelani Justice Penxa (43)
  2. Catherine Pieters (48).
  3. Msingathi Mabhengu (27).
  4. Tessa Hilary Mankay (54).
  5. Lunga Nelson Gali (55) .
  6. Liziwe Phyllis Beja (63).
  7. Esté Jenay Febiola Timotheus(26) .
  8. Philip Albert Clareance Humphreys (66) .
  9. Elmar Charles Matthew Apollis (55) .

African Transformation Movement

  1. Mhlabeni Ngqamakwe (59)
  2. Yonela Nongqunga (35)
  3. Ntuthuzelo Madlebe (46)
  4. Bulelani Zakade (43)
  5. Nozuko Gloria Chasani-Ngqamakwe (42)
  6. Bradley Grant Erasmus (33)
  7. Thandiswa Thelma Pike (53)
  8. Nosizwe Margaret Solwandle (55)
  9. Zubenathi Lucinda Dyantyi (24)
  10. Tshepiso Promise Tulwana (30)

Afrika Mayibuye Movement

1. Bongani Funiselo (44)

Cape Independence Party/Kaapse Onafhanklikheids Party

1. Angela Elizabeth Bosman (54)

Democratic Alliance

  1. John Harold Cleophas (61)
  2. Cormac Blumeres Fortuin (64)
  3. Desiree Geraldine Bess (49)
  4. Juliet Mandy Stone-Du Plessis (40)
  5. Patricia Elizabeth Solomons (67)
  6. Ronald Macdonald John Arendse (64)
  7. Antonie Johannes Jacobus Kamfer (73)
  8. Allan Mark Williams (54)
  9. Guswill Cleopas (35)
  10. Estelle Sheila Margaret Maart (50)
  11. Aubrey Clive Sedeman (69)
  12. Desmond Christopher Pypers (56)
  13. Avela Austin Duda (41)
  14. Maria Johanna Warries (52)
  15. Richard John Jooste (65)
  16. Moos Jacobus Jaanse (48)
  17. Elizabeth Daniels (62)
  18. Willem Amerika (53)
  19. Jeremy Richard Papier (62)
  20. Pierre-Jeanne Albertyn (62)
  21. Michael Adolph Rangasamy (57)
  22. Janetta Maria De Beer (58)

Economic Freedom Fighters

1. Valley Nkgapele (35)

Good

1. Patricia Dixon (61)

National Coloured Congress

  1. Christopher Denzil Lesch (34)
  2. Jessica Theresa Maarman (46)
  3. Mogamat-Zain Abrahams (62)

Patriotic Alliance

  1. Aquilla Natalie Jacobs (65)
  2. Nkuleko Wilson Poni (58)
  3. Declan Ian Louw (44)
  4. Frederick Henry Haas (44)
  5. Zedekiah Van Nieuwenhuizen (40)
  6. Ingrid Frans (63)
  7. Ashwell Gerald Kettledas (57)
  8. Helen Fiona Daniëls (60)
  9. Julene Ernerstine Pick (43)
  10. Petro Andeleine Links (64)
  11. Sarah Amelia Filander (46)

People’s Movement For Change

  1. Gerhardus Elroy White (38)
  2. Bernice Bernerdette Brazill Jenner (50)
  3. Andrew Beukes (46)
  4. Anna Susanna Markus (61)
  5. Gavin Bongani Sampson (30)

South African Communist Party

1.Phakamani Ellias Soldaka (37)

Umkhonto Wesizwe Party

1. Phindile Dlumane (46)

Vryheidsfront Plus | Freedom Front Plus

  1. Gerhard Vermeulen (57)
  2. Amber Maria Booysen (50)
  3. Jayehmenn Lewis-Potas (56)
  4. Jan Hendrik Van Wyk (58)
  5. Noxolo Cordelia Lobese (46)
  6. Sharon Geduld (56)
  7. Barend Irion (47)
  8. Alida Daniels (50)
  9. Sandra Elma Matthyse (65)

Op die Weskus Distrik se huidige raad, waarvan die termyn nou ten einde loop, is die 10 proporsioneel verkose lede saamgestel uit 2 van die ANC, 5 van die DA, 1 van Good, 1 van die PA en 1 van die VF+.
Die 15 wat deur die 5 B-munisipaliteite na die huidige raad gestuur is, is soos volg saamgestel:
Saldanha (1 van die ANC, 3 van die DA en 1 van Good)
Swartland (1 van die ANC en 3 van die DA)
Bergrivier (1 van die ANC en 1 van die DA)
Cederberg (1 van die ANC en 1 van die DA)
Matzikama (1 van die ANC en 1 van die DA).
Vir aanstaande week se verkiesing is die volgende kandidate op die onderskeie partye se lyste vir die Weskus Distrik:

African Christian Democratic Party

1. Bernard Lysander Sheldon (41)

African National Congress

  1. Enid Plaatjies (66)
  2. Rhoda Skei (55)
  3. Frans Bam (53)
  4. Vernon Andrew Augustinis Owies (57)
  5. Yanga Mlungwana (32)
  6. Lunga Nelson Gali (55)
  7. Azrial Mavrick Scheepers (37)
  8. Felicia Shirley Humphreys (63)

African Transformation Movement

  1. Yonela Nongqunga (35)
  2. Batandwa Mangxaba (42)
  3. Lunga Mswempele (49)
  4. Andiswa Goduka (30)
  5. Silumko Mhlangula (44)
  6. Mhlabeni Ngqamakwe (59)
  7. Mzothando Damoyi (36)
  8. Thandiswa Thelma Pike (53)
  9. Sibuyiselwe Watson Jingxi (48)
  10. Ntuthuzelo Madlebe (46)
  11. Nonkubonga Binza (39)
  12. Bradley Grant Erasmus (33)
  13. Thembela Mpama (48)
  14. Hloniphekile Mphetshwa (50)
  15. Portia Gaqa (37)
  16. Xolisani Duku (37)
  17. Nondumiso Jingxi (44)
  18. Makathini Joseph Rangoyi (65)
  19. Sindiswa Sejosengoe (53)
  20. Fikiswa Dumezweni (41)

Afrika Mayibuye Movement

1. Lubabalo Christopher Nobongoza (47)

Alliance Of Citizens For Change

  1. Beverly Leone Van Der Heever-Schalk (41)
  2. Francina Noxolo Sokuyeka (45)

Cape Independence Party / Kaapse Onafhanklikheids Party

1. Frans Johannes Cornelius Martins (67)

Cederberg First Residents Association

  1. Ruben Robert Richards (66)
  2. Maxwell Heins (35)
  3. André Grant Mouton (42)
  4. Martin Grant Bergh (71)

Democratic Alliance

  1. Roelof Weideman Strydom (61)
  2. Ilza Semorné Le Minnie (38)
  3. Andreas Sindyamba (64)
  4. Sandra Monique Crafford (41)
  5. Leoné Venter (35)
  6. Theunisen Cupido Andrews (53)
  7. Patricia Elizabeth Solomons (67)
  8. Davine Angela Witbooi (58)
  9. Jacques Rowan Naudé (48)
  10. Jeffrey Charlton Schalk (60)
  11. Wilhelm Joriaas America (48)
  12. Aubrey Clive Sedeman (69)
  13. Herchelle Siyabulela Bam (24)
  14. Christoffel Jacobus Du Plessis (58)
  15. Lionel Jonathan (67)
  16. Jacques Tredoux (40)

Economic Freedom Fighters

1. Melikaya Ndesi (35)

Good

1. Ricardo Winston Van Der Merwe (45)

National Coloured Congress

  1. Wentzel Corné Van Neel (38)
  2. Yumnah Jackson (33)
  3. Christopher Denzil Lesch (34)
  4. Raymond Vernie Pretorius (61)
  5. Jakobus Cupido (53)
  6. Khanyisa Sixishe (26)
  7. Petro Grobler (32)

New Democratic Party/ Nuwe Demokratiese Party

  1. Marthinus Petrus Bester (65)
  2. Dirk Jakobus Gallowitz (66)
  3. Leonie Vorster (51)
  4. Vanessa Michelle Du Plessis (48)
  5. Dennis Albert Dietrich (60)
  6. Yolandi Natasha Kruger (41)
  7. Nicolene Priscilla Jehoma (45)
  8. Andrew Jerome Edward Fairbridge (63)
  9. Edward Charles Williams (42)

Patriotic Alliance

  1. Adam Antoney Pietersen (60)
  2. Shakeelah Titus (41)
  3. Gerrat Peter Scheepers (62)
  4. Billy J Claasen (53)
  5. Clayton Deane Ockhuis (19)
  6. Lezelda Berenice Julius (42)
  7. Johannes Jacobus Jooste (46)
  8. Johannes Jacobus Strauss (57)
  9. Frank Scheepers (60)
  10. Jacques Salmon (53)
  11. Burnadict Sheldon Hector (48)

People’s Movement For Change

  1. Denzil Pérre Lanze De Bruin (35)
  2. Fortuin Klaaste (60)

South African Communist Party

  1. Phakamani Ellias Soldaka (37)
  2. Sidney Van Rooyen (49)
  3. Patricia Ntinkama (62)
  4. Monwabisi Patrick Sikhondo (47)
  5. Deric Nqopiso (41)

Umkhonto Wesizwe Party

1. Zukiswa Lucia Frans (48)

Vryheidsfront Plus | Freedom Front Plus

  1. Gerhard Vermeulen (57)
  2. Antonie Marthinus Jansen (64)
  3. Antony George Roberts (53)
  4. Albertus Frederik De Beer (56)
  5. Abraham Jonathan Ruiters (52)
  6. Eben Oosthuizen (57)
  7. Elmaré Erasmus (50)
  8. André Francois De Villiers (69)
  9. Jan Hendrik Van Wyk (58)
  10. Johan Hendrik Van Heerden (61)
  11. Gerrendina Stephan (64)

Leave a Reply

error: Content is protected !!