Swartlandse Wynprodusente span saam vir nuwe unieke Straatpartytjie
Daar is vanjaar ‘n splinternuwe Eg-Swartlandse saamkuier oor wyn, kos en musiek op die streek se kalender.
Die Swartland Producers Street Party word op 2 November vir die eerste keer by Short Street op Riebeek-Kasteel aangebied.
Met SLEGS 300 plekke beskikbaar, sal belangstellendes gou moet spring vir die nuwe kuier wat deur die Swartland Wyn- en Olyfroete en die Swartland Independent Producers aangebied word.
‘n Unieke en eksklusiewe geleentheid om van die Swartland se beste wyne te geniet, met al die bekende gesigte, PLUS ‘n paar nuwes, gepaar met musiekoptredes en ‘n feestelike atmosfeer.
Die kaartjies sluit ook heerlike “straatkos” in om jou innerlike te vul.

Die program:
9:00-10:30: Registrasie, koffie & versnapering
10:00-17:00: Wynproe van die jongste oesjare en meer
12:30-13:30: Eerste Straatkos-etes
14:00-15:00: Vintage-wyntafel – maak ‘n paar ouer oesjare oop om te sien hoe hulle verouder het
15:00-16:00: Tweede Straatkos-etes
16:00: Die orkes begin speel
BESPREEK jou kaartjies by https://tinyurl.com/y2gcr3bz