!Khwa ttu San hou Erfenisfees met volop aktiwiteite

Die !Khwa ttu San Kultuursentrum op die Weskuspas buite Yzerfontein hou vanjaar weer sy jaarlikse !Khwa ttu Erfenisfees van 21 tot 24 September en vier ‘n kombinasie van Suid-Afrikaanse kulture.

Die feeskaartjies sluit ‘n verskeidenheid gratis aktiwiteite in:
Daaronder tel:
• ‘n Kindersone met gesigverf en kunsaktiwiteite
• San-geïnspireerde kinderskattejag, verhaalvertellings en interaktiewe sessies
• Tradisionele Boesmandansers en optredes deur Emile Jansen
• Die aanleer van tradisionele danse
• Trekkerrit na die replika San-dorpie met San-taallesse
• Toere deur die interaktiewe Erfenissentrum van wêreldgehalte
• Informatiewe gesprekke oor die San-kultuur en -erfenis
• Proe van tuisgemaakte kruie-tee
• Kultuurdemonstrasies – soos die vleg van koeksisters
• Weskus-handwerk en tradisionele kosstalletjies

Op die feesprogram is daar ook ‘n 5 km Pretloop en 10km Prettrap.
Deelname aan die familiepretloop en prettrap kos R100 per persoon, met 2 kinders onder 18 jaar gratis vir elke betalende volwassene.

!Khwa ttu sal ook 50 kampeerplekke naby die Erfenissentrum beskikbaar stel. Dit is naby die aktiwiteite en kampeerders kan die natuurskoon geniet teen R100 per dag. Dit sluit stort en braaigeriewe in. (geen kragpunte op die kampterrein nie)

Feeskaartjies kos R70 en 2 kinders onder 18 kan dan GRATIS aan die pret deelneem.
Kaartjies vir pensioentrekkers beloop R50.

Skakel 0861 321 777 vir meer inligting.
Bespreek aanlyn via webtickets: http://bit.ly/KhwattuHeritageFest

Program
Saterdag 21 September 2019
10:00-16:00 Erfenisfees Dag 1

Sondag 22 September 2019
09:00 !Khwa ttu 5km Pretloop
10:00-16:00 !Khwa ttu Erfenisfees Dag 2

Maandag 23 September 2019
10:00-16:00 !Khwa ttu Erfenisfees Dag 3

Dinsdag 24 September 2019
09:00 !Khwa ttu 10km Prettrap
10:00-16:00 !Khwa ttu Erfenisfees Dag 4

Leave a Reply

error: Content is protected !!