Olivier, Olivier en Van Niekerk neem maand se wenfoto’s
By die Swartland Fotografieklub se maandvergadering met “Oë” as tema, het Herman Olivier van Malmesbury die beste temafoto ingeskryf.
Dié foto, “I steal your eyes” was ook die senior en algehele wenner.
Die wenfoto in die junior kategorie was ‘n werk deur Sanet van Niekerk van Piketberg, “Wag net vir die wind“.
In die afdeling vir gedrukte foto’s het Theuns Olivier gewen met “‘n Skouhoender“.
Die tema vir die klub se volgende byeenkoms is Ubuntu.