Agri/BusinessFEATUREDNews

Riebeek Valley Wine Co wen die grote op Jongwynskou

Die Riebeek Valley Wine Co het vandag weggestap met die groot kampioen-prys op die jaarlikse Swartland Jongwynskou-toekennings wat by die !Khwa ttu San-erfenissentrum buite Yzerfontein gehou is.Riebeek Valley Wine het die Malmesbury Motors-trofee vir die Kampioen Droë Rooiwyn met sy Shiraz/Mourvédre-inskrywing ingepalm en met dié wyn ook die ABSA Grootkampioen-trofee verower.

foto: Swartland Wyn- en olyfroete

Darling Cellars was een van die groot uitblinkers met nie minder nie as 4 trofeë waarmee hulle kon huiswaarts keer. Hulle het die CJP Chemicals Chenin Blanc-trofee ontvang in Klas 9:58 vir hul Chenin Blanc (gehout) asook die SAIL Kampioen Ander Witwynkultivar-trofee in Klas 17:5 met hul Sémillon (gehout), die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn-trofee in Klas 5:1 met ‘n Sauvignon Blanc/ Grenache Noir en die Vinochem-trofee vir die 5 Beste Inskrywings.

Op hul beurt het Pulpit Rock drie trofeë ingepalm. Die nuwe toevoegings tot hul trofeekas is die Kobus Basson Kampioen Pinotage-trofee in Klas 70:28, die Séan Nieuwoudt Cinsaut-trofee in Klas 59:5 met ‘n Cinsaut (gehout) en die Citrusdal Cellars Kampioen Ander Rooiwynkultivar-trofee in Klas 66: 1 met ‘n Petit Verdot.

foto: Swartland Wyn- en olyfroete

Allesverloren, Babylon’s Peak en Groote Post Vineyards spog ook vanaand elkeen met ‘n nuwe trofee.Allesverloren het die SAIL Kampioen Versterkte Wyn-trofee (Klas 89:10) ontvang vir ‘n Rooi Muskadel Jerepigo terwyl Babylon’s Peak met ‘n gehoute Shiraz (Klas 75:28) die Kotzé/Steyn Kampioen Shiraz-trofee verower het.

Groote Post Vineyards het die WPK/Kaap Agri Kampioen Natuurlike Soetwyn-trofee ontvang vir hul Sauvignon Blanc (Klas 33: 2).

Leave a Reply

error: Content is protected !!