Clanwilliam se veldblomskou in “Harmonie” skop af
Met die Blommeskouspel in volle swang, skop Clanwilliam die blommestreek se veldblomskoue dié naweek af met die jaarlikse Veldblomskou wat van 23 Augustus tot 1 September plaasvind.
Dié skou, een van die gewildstes, vind jaarliks in die “Blommekerk” op die dorp plaas en vanjaar se tema is “Harmonie”.
Die uitstalling is daagliks oop van 8:30 tot 18:00 en toegang beloop R50 vir volwassenes en R10 vir kinders.
Kry meer inligting by http://clanwilliamwildflowershow.co.za of skakel 027 482 2024.
* Onthou die Ramskop Natuurtuin op die dorp is ook jaarliks ‘n skouspel en ‘n besoek werd. Die tuin bied ‘n paar staproetes, waarvan een na die Clanwilliam-damwal lei. Daar is verskeie plekkies met ‘n paar wonderlike uitsigte op die berge, die dorp self en natuurlik die Clanwilliamdam.