Theuns Olivier se foto wen Ubuntu-afdeling

Die tema van die Swartland Fotografieklub se maandkompetisie vir September was, Ubuntu.
Dié afdeling is gewen deur Theuns Olivier met sy foto “Ubuntu”.


In die afdeling vir gedrukte foto’s het Herman Olivier diebeste gevaar met sy foto “Big Sky Ranch Colours”.


Die junior en algehele wenner van die aand was Theuns Olivier met die foto “Moistened moss”.


Herman Olivier het die senior afdeling gewen met sy foto “Perfect Milkyway”. Die beoordelaar was Bennie Vivier.
Die klub se volgende byeenkoms is op 11 Oktober om 19:00 in die Keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord op Malmsbury.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!