Groot aantal inskrywings vir Riebeekvallei-tydren
Daar
is nie minder nie as 31 inskrywings vir die sesde en laaste ronde van
die 2019 Wes-Kaap Tydrenkampioenskap wat Saterdag beslis word.
Die
CCMCC Riebeekvallei-tydren vind op 5 Oktober plaas en die groot
aantal inskrywings is fantastiese nuus vir toeskouers en sal die
organiseerders die wegspringrooster haarfyn moet beplan.
Dié
toename in belangstelling onder jaers dui ook 'n opwindende
2020-seisoen.
Die jaers spring vanaf omstreeks 09:00 weg by Hyundai in Malmesbury.
Saterdag
se tydren bestaan uit 8 sneltrajekte - twee daarvan naby Malmesbury,
twee naby Riebeek Kasteel en 4 naby Riebeek Wes.
Die
langste trajek strek oor 14,66km en die kortste een oor 8,02km.
Die
dienspark is in Riebeek-Kasteel op die terrein van Meiring Primêr en
die Parc Fermé (eindpunt) en prysuitdeling is by Pulpit Rock buite
Riebeek-Wes.
Só lyk die deelnemerslys