Hardcastle Swartland se Fotograaf van die Jaar

Peter Hardcastle van Malmesbury is gisteraand op die Swartland Fotografieklub se prysuitdeling as die Fotograaf van die Jaar aangewys.

Die ander pryswenners vir die jaar was:
Senior van die Jaar: Herman Olivier
Junior van die Jaar: Theuns Olivier
Afdruk van die Jaar: Big Sky Ranch Colours van Herman Olivier

Afdruk van die Jaar: Big Sky Ranch Colours van Herman Olivier

Foto van die Jaar: I steal your Eyes van Herman Olivier

Foto van die Jaar: I steal your Eyes van Herman Olivier

Skolier van die Jaar: Johan du Toit
Nuwe lid van die Jaar: Belinda Ruhl

Dié foto van Theuns Olivier (Golden Gate Farming) is die klub se algehele wenner vir Desember en ook die junior wenner en beste afdruk.
Adriaan Vlok het die senior afdeling gewen met dié foto (The Pelican Brief)
Johan du Toit se foto (Entangled Hologram) was die wenner in die tema-afdeling: Kinkels en kabels

Dit was ook die klub se maandvergadering met Kinkels en Kabels as tema vir die aand.
In die afdeling vir gedrukte foto’s het Theuns Olivier die wenfoto Golden Gate farming ingeskyf.
Hy was met dié inskrywing ook die junior en algehele wenner van die aand.
Johan du Toit van Piketberg het die maand se tema-afdeling (Kinkels en Kabels) gewen met sy foto Entangled Hologram
Die afdeling vir senior fotograwe is gewen deur Adriaan Vlok met sy foto The Pelican Brief.
Die klub se volgende byeenkoms in die keldersaal van NG Gemeente Swartland-Noord is op 16 Januarie om 19:00.
die tema vir Januarie is Weerkaatsings.
Belangstellendes kan die voorsitter, Adriaan Vlok, skakel by 083 707 8565.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!