Entertainment

Kunsprojek in fondse by First Fridays

First Fridays is nou reeds ‘n instelling op Riebeek-Kasteel met spesiale aanbiedinge van 5 to 8 die aand en ‘n feestelike atmosfeer in die strate en optredes deur inwoners.
Vrydag was geen uitsondering nie en die kunsgallery The Gallery het ook ‘n spesiale projek geloods om met kuns onder R1000 elk geld in te samel vir liefdadigheid.


Die kuns deur verskeie inwoners en van die vallei se top-kunstenaars is opgeraap. Die helfte van die opbrengs was vir die onderskeie kunstenaars en die ander helfte is verdeel na twee organisasies – RAW (Riebeek Animal Welfare) en The Olive branch Projects.
Die straatoptrede is ingelui deur Donker Jonker wat ‘n gedig oor Droogte opgevoer het gevolg deur dansers van the Olive Branch Project, sangoptrede asook ‘n voorlesing van die nuwe kinderboek, The First Story Ever Told. Dié boek is pas bekend gestel en geïllustreer deur ‘n kunstenaar uit die vallei, Ilse Erasmus.

Leave a Reply

error: Content is protected !!