Wen kaartjies vir Emile, Lindsay se Gawes-konsert
Twee gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen na die Cape Heart-Gawes van Bo 2-konsert met gewilde stemme soos die Swartlander Emile Smit, Lindsay Abrahams en ander kunstenaars uit die gemeenskap.
Die konsert in die Malmesbury Baptistekerk vind op 21 Desember plaas.
Kom luister hoe die bekoorlike stemme van Chef Nathan (Suidooster) en Nurse Chanel (Binnelanders) gewilde Kersliedere, gospel en Afrikaanse musiek sink terwyl nog ‘n Swartlander Dean Smith (Suidooster se Wade) as MC sal optree.

*Om in aanmerking te kom vir die wenkaartjies, SMS jou naam, dorp en die naam van jou gunsteling Suidoosterakteur na 076 357 2920. Die kompetisie sluit Donderdag 12 Desember om 17:00. (Geen ekstra koste vir SMS. Jou gewone SMS-koste of gratis SMS’e geld)
Wenners sal in kennis gestel word.
Daar is ook bekende gesigte soos Suidooster se Pastoor Ronald (Ivan Abrahams) en Mrs J (Theresa Sedras).
Kaartjies vir die konsert om 18:00 is by die deur beskikbaar of skakel 021 931 3351.
Toegang vir volwassenes beloop R60 en R30 vir kinders onder 12 jaar.