Oukloof gedenk; veilige ruimtes geloods

Saam met die viering van Versoeningsdag het inwoners van Riebeek-Kasteel gisteraand ‘n nuwe gedenkmuur en skaalmodel ter herdenking van Oukloof onthul.
Oukloof is die woonbuurt van waar inwoners in die 60’s gedwonge verskuif is na die buurt wat later as Esterhof bekend geword het. Dié woonbuurt word ook nou Kasteel-Oos genoem.
Een van die groot dryfvere agter die Nuwekloof-projek om ‘n meer inklusiewe, geïntegreerde gemeenskap te bevorder, Roger Roman, het ‘n pleidooi op almal gedoen om respek.
“Ons moet respek hê vir mekaar. Vir die Ouklowers, vir die kinders vir almal. As ons almal mekaar met respek hanteer, het ons al ver gevorder.”
Die amptelike uitgangspunt van die Nuwekloofprojek is: Nuwekloof werk nie vir die gemeenskap nie. Nuwekloof is die gemeenskap wat vir homself werk.

Ouklower Andries Koopman by die model wat hy gebou het

Die muurskildery by die Meiring primêre skool is deur 16 kinders geverf en is ‘n onthou van die Ou Kloof-gemeenskap. Die skilpad op die muur het vir baie ‘n simbool geword van mense wat as’t ware hul huise op hul rug moes dra. Sprekers by die geleentheid het ‘n beroep gedoen op inwoners om, die verlede te spyt, te versoen oor grense heen en saam ‘n beter toekoms te bou.

By die geleentheid was daar ook ‘n roerende onthulling van ‘n model van Oukloof wat deur ‘n Ouklower Andries Koopman gebou is. Koopman was vroeër jare ‘n kontrakteur en het vertel van die ure se werk en ook die emosionele tye wat hy beleef het om dié woonbuurt met die model te laat herleef.
Van die oorblywende inwoners van die destydse Oukloof het by die model roerend geïdentifiseer met die betrokke huis waarin hulle as kind gewoon het.

Daar was vertel van misvloere en groentetuine en veilige strate waar die kinders kon speel.
‘n Nuwe inisitief van veilige ruimtes is ook gisteraand van stapel gestuur.
Dit het ten doel om as ‘n loodsprojek met die hulp van vrywillige gemeenskapslede veilige ruimtes te skep.

Roger Roman

Die eerste drie veilige ruimtes is die terrein van Meiring primêre skool, die grond om die klein winkelkompleks asook die POP-sentrum.

Faiza Davids

Faiza Davids, regshulpraktisyn by Nuwekloof, het gesê daar word beoog om die veilige ruimtes later na naburige dorpe in die streek uit te brei.

One thought on “Oukloof gedenk; veilige ruimtes geloods

  • December 18, 2019 at 4:54 am
    Permalink

    Hallo Johan, baie dankie vir n besonderse artikel oor n besonderse geleentheid. Ek sit in Amerika, maar dit beteken gladnie dat ek nie hart en siel omgee oor die Vallei en sy mense nie. Inteendeel. Gedurende my twaalf jaar in Riebeek-Kasteel, het ek terdee bewus geword van die histories mymerende onreg wat die ingeets is in die lewens van sommige inwoners van Esterhof. Dis nie iets waarop Kasteelers trots op kan voel nie. Maar daar gelaat. Ek deel graag met jou die volgende: Jy mag onthou dat Riebeek-Kasteel in 2009 die naaswenner was van Rapport se “Dorp van die Jaar” kompetisie. Ek het ons inskrywing bestuur en met die hulp van oorlede Ivan Kirstein het ons n foto album gekep as inskrywing. in die proses het RK werklik goeie publisiteit geniet. Die kompetisie is bedryf op grond van stemme wat per sms gestuur moes word. Ongelukkig kon Esterhof se mense nie vireers stem nie, bloot omdat meeste van hulle nie selfone besit het nie. Vervolgens het ek die toestemming van Rapport bekom om kieserslyse te skep waarop mense hulle name en adresdetails as n “stem” kon invul. In RK het ek lyste by restaurante en winkels gelos. Maar in Esterhof se geval het ek gesorg dat die lyste oral gesirkuleer ws, selfs by Meiring skool met die hulp van die hoof. My grootste staatmaker was Wil vd Merwe, wat werklik hard gewerk het om lyste te versprei en in te vorder. Die reaksie was verstommend. Hoekom, het ek myself afgevra, sou Esterhof so n ongelooflike bydrae maak vir Riebeek-Kasteel, inagnemende die geskiedenis? En daar het ek besef dat die liewe mense se deelname in werklikheid versoening op n mees praktiese manier uitgebeeld het. Dit het my met nederigheid en werklike dankbaarheid gelaat. Rapport kon nie glo dat die Esterhoffers so n ongelooflike en oorweldigende bydrae gemaak het nie. Omdat R-K n finalis was, uit drie dorpe, het die beoordelaars n dag en n aand in Riebeek-Kasteel gaan spandeer, waartydens ons hulle met allerlei moes trakteer om ons gewildheid te bevorder. Uit erkenning vir Esterhof se bydrae, het ek die groter balans van hulle besoek op Esterhof gekonsentreer. Ek kannie aan jou die opgewondenheid beskryf toe hulle besef het dat Rapport hulle dorp sou besoek het nie. Die kerk-skoolsaaltjie het n kombuisie en daarom kon ek waterblommetjies en lamsvleis geborg kry sodat die anties die gereg vir n middagete met nog tradisionele versnaperingkies kon byvoeg. En ja, daar was “poering” ook, nogals met vla ook. Om hulle te gesien kook en kuier het in die kombuisie was n belewenis. Hulle het tafels pragtig opgedek. Die opgewondenheid wat saam met skugtere vrese gekom het, was opvallend. Ook het die skoolkoor asook n informele dansgroepie die beoordeelaars tydens die ete beindruk met opvoerings. En toe kom die dankbetuigings van die gemeenskap vir Rapport se besoek en erkenning aan hulle waardigheid en deelname aan so n grootse geleentheid. Dit het my stil gelaat. Baie stil. Ek het agtergekom dat die beoordelaars redelik oorstelp was met die inisiatief om Esterhof as n gemeenskap en deel van die groter gemeenskap te erken. Die slagspreuk van R-K se inskrywing was “Welkom, by ons is jy familie”. Net daar het die beoordeelaars die werlike betekenis van inklusiwiteit en sigbaarheid besef. – miskien sosio- politieke spraak dit, maar in die kol in so verre as wat dit werklike betrokkenheid en erkenning betref. Die feit dat R-K naaswenners was het nie saak gemaak nie. Wat wel saak gemaak het was dat Esterhof se gemeenskap n geleentheid gebied is om deel te wees van n groter gebeurtenis. Na die uitslae bekend geword het – Clanwilliam was die wenner – het die beoordeelaars oppad terug van die verrigtinge daar, met opset weer n draai gemaak in R-K. En dit is toe dat hulle aan my erken het dat terwyl Clanwilliam bloot meer stemme verwerf het, die eintlike wenner, in hul harte, R-K was. En die hoofrede? Hulle Esterhof ondervinding en Esterhof se onvergeetlike harde werk om stemme in te vorder. Ek kan en wil uitbrei, maar ek glo dat ek teer grond gaan betree, wat nie binne die omvang van jou artikel gaan val nie. Ek vertrou dat daar egter duidelike afleidings gemaak kan word. Afleidings wat reghoekig val binne die kernaspek van die loodsprojek waaroor jy hier berig het. Groete aan jou en die Swartland.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!